"Dorings aan 'n doringbos" deur Engeline Gericke

  • 0

Dorings aan ’n doringbos

Daar is baie dorings aan ’n doringbos
Daar’s soveel duwwels in die gras.
Daar’s haak-en-steek en wag-’n-bietjie
Oupa-se-pyp en kruidjie-roer-my-nietjie.
Ja, daar’s baie dorings aan ’n doringbos
Maar net een wat seer steek in my vlees –
wanneer ek nie meer by jou kan wees

Daar’s ’n doring in my vlees
’n gapende wond wat nie wil genees
daar’s kouekoors wat in my woed,
smeulende hitte pols deur my bloed
soos naalde steek die pyn deur my
want waar ek ook al soek, kan ek jou nie kry.

Daar’s muggies wat om ’n miskoek drom
en brommers wat in die lug rond brom
Daar’s vlieë wat in kroeë draai
en hane op mishope wat koning kraai
Ja, daar’s goggas en vlieë wat my pla
Maar net een het in my salf geval
En die verlange in my hart maak my mal

Daar is baie dorings aan ’n doringbos
Daar’s soveel duwwels in die gras
Daar’s haak-en-steek en wag-’n-bietjie
Oupa-se-pyp en kruidjie-roer-my-nietjie
Ja, daar’s baie dorings aan ’n doringbos
Maar net een wat seer steek in my vlees –
wanneer ek nie meer by jou kan wees

Daar’s ’n doring in my vlees
’n gapende wond wat nie wil genees
daar’s kouekoors wat in my woed,
smeulende hitte pols deur my bloed
soos naalde steek die pyn deur my
want waar ek ook al soek, ek kan jou nie kry!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top