Doringrosie

  • 3

Fotobron: Canva

Korona-pandemie, April 2020

Die Koning en Koningin
van die planeet
het ’n fees gereël:
die mondigwording
van Prinses Ekonomie
uitspattig gevier

Fee Ekologie
uit die kosmosruim
was gebelgd
nie genooi
tog gekom
haar vloek gespreek:

’n virus sal die Prinses prik
almal stadig sterf
dorings oor jul groei
om die planeet te red.

Sou die laaste Fee
haar spreuk nog kon gee?

Julle sal slegs slaap
weer ontwaak
as die redder Prins
met die Doringkroon
op die wolke kom!

  • 3

Kommentaar

  • Dankie Hennie vir hierdie kosmiese vlug.

    Jy neem ons na plekke waar ons wyer, hoër en dieper kyk na hierdie wêreld en die triomfanklike oorwinnaarskroon.

    Wonderlike gedig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top