Doolhof van herinneringe
Ek maak my mond oop, maar my stem het weggeloop …
Ek maak my hart oop, maar ek is leeggetap …
Jy lê hier warm teen my lyf, maar jou siel is reeds verkoop.
Jy behoort nie meer aan my nie … is daar dan nie meer hoop?
Koor
Waar is ons tye saam? Vasgevang in hartstog se verlede,
In ’n doolhof van herinneringe roep ek dit weer op om weer te voel,
Weer te borrel van geluk.
Wat hou my toekoms in? Die Almag alleen sal weet.
Ek is reg vir môre, reg vir liefde en vir seën..
Reg vir die nuwe rigting wat my lewe in moet neem.
Koor
Waar is ons tye saam? Vasgevang in hartstog se verlede,
In ’n doolhof van herinneringe roep ek dit weer op om weer te voel,
Weer te borrel van geluk.
![]() |