Doodstraf is bloot dors na bloed

  • 0

Hello Jaco.

Die bestaan van menseregte word soms afgekraak alhoewel daar ’n argument is wat aangebied kan word dat menseregte ernstig moet opgeneem word en ’n postiewe effek het in die samelewing waar dit as ’n werkbare moontlikheid aanvaar word. Watter regte kan doodeenvoudig opgeskort word en sal jy byvoorbeeld prysgee - sonder watter beskerming sal jy wil funksioneeer?

Op daardie gronde kan dit aangevoer word dat die straf soos toegeken aan Janice Bronwyn Linden moet staan maar dat ’n meer mensliker inslag gevolg kon word.

Sjina is ’n land wat berug is daarvoor dat menseregte glad nie na waarde geskat word en laag op die lys van prioritiete is. In die jaar wat verby is volgens statistieke wat die ronde doen het Sjina vierduisend mense ter dood veroordeel.

Die uitoefening van die doodstraf is glad nie ’n globale werklikheid nie en kan dit nie aanvaar word dat dit sonder argument net aanvaar moet word as die korrekte antwoord op die probleem van misdaad nie. Baie lande het teen die doodstraf gekies en die lande wat dit nog beoefen, is ’n minderheid indien die statistieke reg onthou word.

Hierdie brief voer glad nie aan dat Janice Bronwyn Linden nie moet gestraf word nie. Dit vra egter hoekom is daar nie ’n beleid moontlik wat die oortreder na die oortreder se land van oorsprong verplaas word nie? Dit maak die moontlikheid van rehabilitasie moontlik, net soos dit beskerming bied teen die finaliteit van die doodstraf en die moontlikheid dat onskuldige persone ter dood veroordeel kan word.

Die donker geheim onderliggend tot die passievolle pleidooi vir die doodstraf is dus ’n dors na bloed en dit is nie seker of dit die beste fondasie vir reg en geregtigheid is nie.

Baie dankie,

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top