Kom ons los die dood vir later. Ons praat nie nou al daaroor nie. Van uitstel kom afstel. Nee, ek’s doodernstig. Wat beteken die dood? Of gee jy nie ’n dooie duit om nie? Nee, maar dis doodreg. Kom ons vat dooierus op die onderwerp. Kom ons loer en luister bietjie hoe voel sommige musikante en digters daaroor om die ontydige te verwissel met die ewige.
Vergewe my Latynse aanstellerigheid, maar kindsbeen se blywende eerste indrukke is nie te versmaai nie: my nuuskierige kleutervingers was loshande net-net stil genoeg om die draaitafel se naald in ’n plaat se groef te laat val toe hierdie doodsbesef op my neerdaal:
Dire Qu’il faudra mourir un jour
Dir´ qu´il faudra mourir un jour,
Quitter sa vie et ses amours,
Dire qu´il faudra laisser tout ça,
Pour Dieu sait quel au-delà.
Dir´ qu´il faudra mourir un jour. {2x}
C´est dur à penser, il faut bien le dire.
Dir´ qu´il faudra rester tout seul
Dans la tristesse d´un linceul
Sans une fille pour la nuit,
Sans une goutte de whisky.
Dir´ qu´il faudra, bon gré mal gré,
Finir dans d´éternels regrets,
Moi qui voudrais plus d´une vie
Pour passer toutes mes envies.
Dir´ qu´il faudra mourir d´ennui
En enfer ou en paradis,
Passer toute une éternité
Sans jamais pouvoir s´évader...
Dir´ qu´il faudra mourir encor,
Moi qui suis souvent déjà mort,
Oui mort d´amour et de plaisir.
De quoi pourrais-je mieux mourir?
Om te dink ons moet eendag doodgaan
Om te dink ons moet eendag doodgaan
dat ons die lewe en geliefdes moet agterlaat.
Om te dink ons moet dit alles net so los
vir Godweet wat aan die anderkant.
Om te dink ons moet eendag doodgaan {2x}
Dis moeilik om te dink, dit moet ek sê.
Om te dink mens gaan alleen daar wees
In die somberheid van ’n doodskis
Sonder ’n meisie vir die nag
En sonder ’n druppel whisky.
Om te dink mens gaan, kom wat wou,
opeindig met ewige selfverwyte.
Ek wat meer as een lewe nodig het
Om al my begeertes uit te leef.
Om te dink mens sal kan doodgaan van verveeldheid
in die hemel of in die hel
Dat ons ’n ewigheid daar sal moet deurbring
Sonder ’n kans om te ontsnap …
Om te dink mens moet wéér doodgaan
ek wat gereeld reeds dood is,
Dood van die liefde en van plesier.
Wat is daar lekkerder om van dood te gaan?
(Georges Moustaki)
Tydens die opnames van sy konsert Live in London deel Leonard Cohen sy sentimente oor die onderwerp as volg met sy gehoor:
I was having a drink with my old teacher.
He is 102 now.
He was just about 97 at that time.
I poured him a drink and
he clicked my glass and said:
excuse me for not dying.
I kind of feel the same way.
Bob Dylan stel dit baie eenvoudig: "He not busy being born is busy dying."
Bruce Springsteen gee homself nie juis uit as ’n gevleuelde filosoof nie. In treffend pragmatiese eenvoud praat hy oor die dood wanneer hy hulde bring aan sy vriend Terry Magovern in “Terry’s Song”:
Love is a power greater than death
Just like the songs and stories told
And when she built you, brother
She broke the mold
That attitude's a power stronger than death
Alive and burning when you're stone cold
And when they built you, brother they broke the mold.
Die volgende advies oor hoe om die dood tegemoet te gaan kom van Breyten Breytenbach:
Die pad van die lewe is gevaarlik boet,
En jy moet uiters versigtig trippel trappe trone
As jy veilig en verlig,
Ligvoets by die dood uit wil kom.
Georges Brassens sing dat hy bereid is om dood te gaan vir sy idees:
As jy dink dat dit geen gevaar aan die ander kant inhou nie, kan ons maar so ’n bietjie verdwaal op pad na die volgende wêreld toe. En as dit, soos dit die gebruik is, dan nou so gebeur dat ons doodgaan vir idees wat nie hierna meer geld nie, sal dit nogtans teleurstellend wees om, wanneer ons ons siele oorgee aan God, tot die besef te kom dat ons die verkeerde pad gevolg het, dat ons vir verkeerde idees gesterf het. Laat ons doodgaan vir ons idees, maar laat dit tog net langsaam gebeur.
Almal ken die oorbekende Terry Jacks-weergawe van Jacques Brel se “Seasons in the Sun”. Sedert my kinderjare het dit my opgeval (en gehinder) dat die Engelse weergawe daarvan klink soos ’n gesaniteerde Angel-Saksiese suikerklontjie in vergelyking met die sinies-satiriese oorspronklike weergawe. Die oorspronklike is bietjie meer op die man (en die vrou) af:
Le Moribond
Adieu l'Émile je t'aimais bien
Adieu l'Émile je t'aimais bien, tu sais On a chanté les mêmes vins
On a chanté les mêmes filles
On a chanté les mêmes chagrins
Adieu l'Émile je vais mourir
C'est dur de mourir au printemps, tu sais
Mais j'pars aux fleurs la paix dans l'âme
Car vu qu't'es bon comme du pain blanc
Je sais qu'tu prendras soin d'ma femme
Refrein
J'veux qu'on rie
J'veux qu'on danse
J'veux qu'on s'amuse comme des fous
J'veux qu'on rie
J'veux qu'on danse
Quand c'est qu'on m'mettra dans l'trou
Adieu Curé je t'aimais bien
Adieu Curé je t'aimais bien, tu sais
On n'était pas du même bord
On n'était pas du même chemin
Mais on cherchait le même port
Adieu Curé je vais mourir
C'est dur de mourir au printemps, tu sais
Mais j'pars aux fleurs la paix dans l'âme
Car vu que t'étais son confident
Je sais qu'tu prendras soin d'ma femme
Refrain
Adieu l'Antoine je t'aimais pas bien
Adieu l'Antoine je t'aimais pas bien, tu sais
J'en crève de crever aujourd'hui
Alors que toi tu es bien vivant
Et même plus solide que l'ennui
Adieu l'Antoine je vais mourir
C'est dur de mourir au printemps, tu sais
Mais j'pars aux fleurs la paix dans l'âme
Car vu que tu étais son amant
Je sais qu'tu prendras soin d'ma femme
Refrein
Adieu ma femme je t'aimais bien
Adieu ma femme je t'aimais bien, tu sais
Mais je prends l'train pour le bon Dieu
Je prends le train qui est avant l'tien
Mais on prend tous le train qu'on peut
Adieu ma femme, je vais mourir
C'est dur de mourir au printemps, tu sais
Mais j'pars aux fleurs les yeux fermés, ma femme
Car vu qu'j'les ai fermés souvent
Je sais qu'tu prendras soin d'mon âme
He that’s about to die
Totsiens Emile, ek was lief vir jou
Totsiens Emile, jy weet ek was lief vir jou
Ons het oor dieselfde wyne gesing
Ons het oor dieselfde meisies gesing
Ons het oor dieselfde pyne gesing
Totsiens Emile – ek gaan doodgaan
Dis moeilik om in die lente te sterf, weet jy
Maar ek vertrek blomme toe met vrede in die hart
Want jy was soos witbrood
En ek weet jy sal mooi kyk na my vrou
Refrein
Ek wil hê mense moet lag
Ek wil hê mense moet dans
Ek wil hê mense moet mal gaan
Ek wil hê mense moet lag
Ek wil hê mens moet dans
Wanneer hulle my bêre in die gat.
Totsiens Dominee (Priester), ek was lief vir jou
Totsiens Dominee, ek was lief vir jou, weet jy
Ons was nie op dieselfde skip nie
En ons het nie dieselfde roete gevolg nie
Maar ons was op soek na dieselfde hawe
Totsiens Dominee, ek gaan sterf
Dis moeilik om in die lente te sterf, weet jy
Maar ek vertrek blomme toe met vrede in die hart
Want ek weet jy was haar vertoueling
En ek weet jy sal mooi kyk na haar
Totsiens Anton, ek was nie baie lief vir jou nie
Totsiens Anton, ek was glad nie lief vir jou nie,weet jy.
Ek vrek om te besef dat ek moet sterf vandag.
En dit terwyl jy nog springlewendig is,
En selfs sterker as die pyn wat jy my gee.
Totsiens Anton, ek gaan sterf
Dis moeilik om in die lente te sterf, weet jy
Maar ek gaan blomme toe met vrede in my siel
Want aangesien jy haar minnaar was
Weet ek dat jy mooi sal kyk na my vrou
Refrein
Totsiens my vrou, ek was lief vir jou
Totsiens my vrou, jy weet ek was lief vir jou
Maar ek vat nou die trein na die liewe Heer
Ek vat nou wel die trein vóór joune
Maar ons vat maar almal die trein wat ons kan.
Totsiens my vrou, ek gaan nou sterf.
Dis moeilik om te sterf in die lente, weet jy.
Maar ek gaan blomme toe met toe oë,
Omdat ek hulle gereeld moes toemaak, my vrou,
Weet ek dat jy mooi sal kyk na my siel.
Herman van Veen sing so oor sy sterfdag:
Die dag as jy kom
Toe, neem my zach als jy kom
Maak my nie zeer
Ik zal soos een bruid gewillig wees
Toe neem my zach soos die wind
Ik zal my vrylijk aanmeld
Gebruik geen vuisten, geen geweld
Maar dan moet je mij belowe
Jy kom eers wanneer ek honderd is
Dan ga ek saam heel gedwee
Met jou mee
Die laaste woorde behoort aan Maxime Le Forestier:
Je Veux Quitter Ce Monde, Heureux
Sourire aux larmes,
Trouver du charme
Au fond du soir pourri qui mène à la mort.
Viens ma dormouse
Dans la berceuse
Que je te chanterai, que je cherche encore
Je veux quitter ce monde en regrettant un peu.
Je veux quitter ce monde, heureux.
Ek wil die lewe gelukkig verlaat:
’n Glimlag met trane
Sien die sjarme
In die skemer wat lei tot die dood.
Kom, my diep slaap
Kom lê saam met my in die wiegelied
Wat ek soek en vir jou wil sing
Ek wil bietjie spyt wees wanneer ek gaan
Ek wil die lewe gelukkig verlaat.
Mooi stuk, Albert – en goed om te sien jy's op jou stukke! Mens sou hierdie gewigtige onderwerp (gelukkig word dit darem mettertyd ligter) van leef, lewe, dood ook agterstevoorom kon benader. Hoekom sou waarom die enigste pad vorentje wees? Dan word dit: feel, ewel, dood. Dit foel mos beter!
Kommentaar
Mooi stuk, Albert – en goed om te sien jy's op jou stukke! Mens sou hierdie gewigtige onderwerp (gelukkig word dit darem mettertyd ligter) van leef, lewe, dood ook agterstevoorom kon benader. Hoekom sou waarom die enigste pad vorentje wees? Dan word dit: feel, ewel, dood. Dit foel mos beter!
Hartlike groete,
B