Doodgelukkig
Vers 1
Die verlore dogter
het nooit teruggekeer
sy het net aangehou stap
en geslaap saam met al die varke
Vers 2
Een oggend in die kou
Met die ryp en die dou
tussen geil begroeide duine
Het ons haar gevind
Waar sy terug in Moeder Aarde
Se baarmoeder ontbind.
Koor:
Sy was doodgewoon. Gewoon-dood.
Sy is doodgelukkig. Gelukkig-dood.
Sy was een van daai kinders
Wat aan Niemandsland behoort
Die laaste van die blikkantien
Het helaas genesing voorsien
Vers 3
En terwyl die brak see siek
Skuimend teen die rotse klots
Het ons gewonder wat de donner
Genugtig is genadig
Koor:
Sy was doodgewoon. Gewoon-dood.
Sy is doodgelukkig. Gelukkig-dood.
Sy was een van daai kinders
Wat aan Niemandsland behoort
Die laaste van die blikkantien
Het helaas genesing voorsien
![]() |



