“Dood van 'n digter” deur Marius Francois Ackermann

  • 0

Dood van ’n digter

niks
in die literêre kolomme
wat die wroeg en die seer
van ’n
lewe resenseer
’n lewe resenseer

net
die snuffelgids
se suggestie
in dwangrym en koeplet
van ’n ondernemer se pakket

dat
sy hart voortaan
by grasie van ’n book shop
suutjies
in sy verse klop
suutjies
in sy verse klop


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top