Donkiekar
Verse 1
Kom ry saam met my in my donkiekar
So ver weg soos wat ek en jy kan kom
Ons drome sal nog waar word in daai donkiekar
Solank soos wat jy my vashou
Kom drink saam tequila in my donkiekar
Rook ’n Stuyvesant hier by my
Die sterre is so mooi in die Namaqualand
Kom sit onder die kombers saam my
En ons sal …
Chorus
Agter kom ons drome van liefde gaan wel waar word
Dans in die avontuur van ek en jy
Verdrink in ’n oomblik wat uiteindelik nou daar is
Te danke aan daai donkie
Te danke aan daai donkiekar
Verse 2
Kom ry saam met my in my donkiekar
Van hier af tot om die Kaap se draai
Die pad is ongelyk en die wyn is warm
Maar dis moerse mooi hier op Tafelbaai
Gee my ’n soentjie hier op my wag
Sit jou arm maar om my
Die ou-pote trek nou deur die Knysnawêreld
Ons trek maar saam of hoe sê jy
Chorus
En ons sal ...
Agterkom ons drome van liefde gaan wel waar word
Dans in die avontuur van ek en jy
Verdrink in ’n oomblik wat uiteindelik nou daar is
Te danke aan daai donkie
Te danke aan daai donkiekar
Te danke aan daai donkie
Donkiekar van my.
![]() |



