Donkerland: eie mening

  • 1

Ek lees Jan Rap se brief en Perdebytjie se kommentaar. Ek was ook die eerste episode bietjie van stryk af. Die tweede een probeer ek agter die kap van die byl kom, maar is nog steeds van die baan af.

Ek ken Deon Opperman nie persoonlik nie. Ek wil ook nie die man enigsins promoveer of sy beuel namens hom blaas nie, maar ek dink die storie moet nog so bietjie loop voordat ek my opinie van die reeks sal durf gee.

Ek het al sy vorige TV-reekse terdeë geniet. Dit raak 'n senuwee iewers. Ek het net die hoogste agting vir sy werk, en ek is beslis nie 'n lid van die kritici nie. Ek waardeer ieder en elk se werk, solank dit vir my net nie te snot en tranerig is nie.

Mnr Opperman weet waar om die regte knoppies te druk. Daar sal bokste wees wat sy werk uitmekaar sal wil skeur en relase daaroor sal wil lewer. Ontspan mense, dit is 'n TV-reeks, en moenie iets "dieper" daarin wil soek nie. As dit 'n boodskap by jou wil tuisbring, goed vir jou, ons sien nie so goed soos jy nie.

My beskeie mening oor die reeks op die stadium is, sit op jou stert, geniet dit. Ek glo nie daar is iets sinisters in die reeks verskuil nie. Moenie ook soos baie mense wees, wat ek ken, wat die duiwel in alles en almal wil sien nie.

Wat ek van mnr Opperman gesien het, en dit is op TV, hou ek van. Hy vat nie k@k nie. Dit sal nog ons ondergang wees, mense is nie meer eerlik met mekaar nie.

Ek waardeer dit as jy eerder ongeskik eerlik met my is as oneerlik gaaf, anders is jy vals.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reusedwerg

     
    Ek het toe maar episode twee ook deurgeworstel. Dit lyk tog of die storie beter raak. Dis net nog effens stotterend, miskien oor die storielyn vinnig beweeg en die vreemde akteurs moet nog huishoudelike besit raak, soos Marius Weyers en Sandra Prinsloo.
     
    Die fluweelstem van Lida Botha, wat die verhaal vertel, sal maak dat ek dalkies verder kyk.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top