"Donkerkamertjie" deur Liza Mirò Combrinck

  • 0

Donkerkamertjie

Krulpaaie om my tong
Maak jy my ouer woorde jou nuwes
Met jou skerp naels krap jy my gedagtes
Laat die vleisstukkies so onderin vassit

Alles wat eerste myne was
maak jy alles later ook joune
Jy maak jouself ? afdruk van my
Fotostaat van ? skildery

REFREIN:
En jy speel donkerkamertjie
binne jouself, binne jouself
Jy speel donkerkamertjie
binne jouself
En die was drup af
soos my lyf wegkwyn
Met my vlam wat jou donkerte voer

Jy weet
Jy weet nie waarom ek jou so verwyt
Maar jy vreet
jy vreet die enigste stukkies groen binne my bruin oë uit

Ja, jy is my gekraakte spieël
Jy is besig om my siel te steel

REFREIN

Met my vlam wat jou donkerte voer
Pikdonker
Slukdonker
Sluk my leeg
Met my vlam wat jou donkerte voer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top