Dolf, wat ontstel jou so?

  • 0

Hoekom so onsteld, Dolf? Ek het niks nuut gesê oor die buite-egtelike maagdelike konsepsie van Maria nie. Wat jou onstel is dat ek nie ’n meeloper is oor die "bonatuurlike konsepsie" nie, maar die voor die handliggende van Mattheus 1 uitlig in die geheel. Dat Maria verloof was as ’n maagd, aan Josef, wie se stamboom reg aan die begin gegee word. Tog kan Jesus nie deel wees van Josef se genetiese stamboom nie, as Josef nie seks met Maria gehad het voor haar konsepsie van Jesus by die "heilige gees" nie. Dis ’n skrywersfout? Dis ’n kerklike oksimoroon, want Jesus self sê dat jy mag skei, as daar ’n buite-egtelike verhouding was? Jesus self sê dat hy homself as man ontmagtig van seksualiteit, vir sy geloof? Waar kry kerke ’n Jesus-model van die heteroseksuele huwelik? As man van 1927 iets glo soos ’n kind, met ’n bietjie kerklike dogma disleksie, is die feitlikheid van wat swart op wit geskryf staan ’n helse skok by gewaarwording. Dis dieselfde gevoel wat ek oor "patriotisme" en ou NP gekry het op ’n kol. Die 1ste jaar is die ergste, dan word dinge makliker gaandeweg. Eet van die "boom van kennis van goed en kwaad", man.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top