Dolf, net eenvoudige vraag?

  • 2

Was Maria met die "heilige gees" verloof of getroud? Was Maria aan Josef verloof tydens die konsepsie van Jesus van die "heilige gees"? Is buite-egtelik per definisie dan nie as daar ’n biologiese inset anders as van Josef binne die verhouding gebeur nie? Hoe sien jy dan binne en buite die eg? Klink vir my as ’n ander inset behalwe die man van ’n heteroseksuele verbintenis dan nog "binne die eg" geag word deur jou? Beskryf die Bybel dan nie dat die vrou Haar man onderdanig moet wees en dien nie, maw dat sy net haar eie man se kinders ook sal baar nie? Lyk my dat ek buite-eg dan nie verstaan nie, want Maria was tog nie tydens konsepsie aan die "heilige gees" verloof nie, maar wel aan Josef. Let wel, nie getroud met Josef nie! Lees maar weer die hele Mattheus 1 van vooraf, man.

Hans Richardt

  • 2

Kommentaar

  • Hans,
    Het jy werk? Want ek weet eerlikwaar nie waar jy die tyd kry om heeldag (let op, meeste van jou skrywes – sommer baie - is gedurende die werksdae van die week) nonsens uit te dink en dit dan kwyt te raak hier op Sênet nie. Miskien is jy afgetree? Jy klink vir my soos iemand wat geselskap soek (wil uitlok?) en daarom dat jy ‘n hele klomp snert skryf in die hoop dat jy darem reaksie sal kry.
    Wel jy het nou my reaksie gekry, alhoewel kortstondig van aard.
    Die punt is dat ek geensins belangstel om in ‘n argument of verduideliking oor Jesus Christus, ware geloof, en dies meer, met jou betrokke te raak nie. Soos ek voorheen opgemerk het en ook kan aflei uit jou skrywes, is jou motiewe duidelik nie dié van iemand wat werklik soekend na die waarheid is nie, maar eerder dié van iemand wat daarop uit is om in argumente betrokke te raak oor iets waarvan hy geen benul het nie, of te wel, geensins begrip van het nie. Jy sien, om in ‘n sinlose argument met jou betrokke te raak oor sake Gods gaan eenvoudig lei na ‘n “I say, he say” en daar gaan niks bereik word nie.
    My raad aan jou sal dus wees om jou eie motiewe te ondersoek en jouself af te vra of jy met opregtheid God wil leer ken, al dan nie. As jy sou wou, vra eerder God self vir wysheid – doen dit met opregtheid, want God toets die hart. As jy nie wil nie, bly asseblief net weg van sake Gods en fokus eerder op katte, honde, en dies meer!  Jy sien, op hierdie tydstip gebruik jy menslike dwaasheid om Godelike wysheid te probeer uit oorlê en jy faal jammerlik elke keer.
    Sterkte
    Dolf

  • Ek sit nou hier met iets waaroor ek nie eintlik in diepte wil praat nie. Maar die vraag wat daaruit ontstaan: Kan 'n kind wat deur geslagsomgang buite die huwelik verwek is, ek praat nou van man en vrou wat reeds getroud is, kan daardie kind dan as buite-egtelik beskou word?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top