Jy sien ek is nog te jonk om op 55 af te tree. Ek het 'n enkelbed in kamer en 'n 'home gym' langs dit. Ek gaan net toilet toe om 'morning glory' af te skud, doen vinnig my 1 stel 'bench press' van 80kg, my gewig en die res, bv 50 opsitte. Ek werk 7 dae 'n week, dag en nag, my aftyd in week soms en soms naweke.
My brein rus min en daarom is dit ’n stryd om die '6 pack' te behou. Ek luister musiek, nie klassiek, opera of Afrikaanse karaoke nie, wat mens laat dink. Ek moet nog my Karoo-huisie van 196 vierkante meter klaar bou voor ek kan aftree.
Nou ja, met regstelaksie sit man al so lank in dieselfde pos, 2 dekades, dat ek die werk toe-oë met een hand kan doen, wat ek al moes. So, as jy nog steeds aan die munt as net met twee kante dink, dan is dit jou persoonlike filosofie-retoriek. Nou ja toe, het goed om aan te dink en te skryf om jou kot te skud.
Hans Richardt

