Eerstens wil ek sê moet nie judge voor jy nie weet waaroor die beweging gaan nie. Daar is oor die tweehonderd haweloses waarvoor daar gesorg word deur die Dogters van Sion. Nie net mans en boemelaars nie, vroue en kinders ook. Julle is nie geforseer om hulle politieke sieninge in te neem of hulle geloofsoortuigings nie. Wanneer ek daar kom, dan is ou waardes soos respek en aanvaarding die eerste ding wat na vore kom. Tweedens is dit van uiter belang dat ’n mens eerder ondersoek doen en kyk of daar nie waarheid steek in die geloofsoortuigens van die beweging nie. Gaan studeer die apokriewe en bekyk die Hebreeuse skrifte en dan kom julle terug na hulle toe. Maar om die beweging heeltemal te verwerp is nie die regte ding nie. Met liefde en vrede kan ’n mens meer regkry.
Dankie
Sozette


Kommentaar
Sonette,
Dalk het ek die brief gemis, maar ek sien nêrens dat iemand enigsins die Dogters van Sion bespreek nie. Deel gerus met ons meer details van jou Gemeente. Ek sal met graagte belangstel om daarvan te hoor.
Aletta
Siek mense met siek idees !
Ben ou van nieuwe, van lig jou kop op dis nie modder waarin jou gesig lê nie jy moet dit kan ruik.
Hi. Ek gaan binnekort op straat op eindig. Het Dogter van Sion dalk nog plek vir 'n enkel man? Ek is 33 jaar oud en als verloor. Ek wil nie graag op die strate beland nie, dis baie gevaarlik.
Ons is ses mense wat dringind 'n blyplek soek. Kan julle my dalk help?