"Doemprofeet" deur Ulrich Meiring

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Soos bloed verdun in water, stroom die drome deur my gees
Jou woorde bring my nader aan die dweepsug in die skaduwees
Die wêreld sal vergaan, die maan verlaat as weduwee
Voordat jy my sal verstaan, maar tog probeer ek weer 'n keer

So ons kyk op na die sterre; geen sonde te belê nie
geen herders op die ope velde om te sien hoe hulle skyn nie

En met onrus gluur ons aan
Onverbiddelik sal ons staan
Want als is welgedaan
Als is welgedaan

Maar môre daal die Hemel neer
Soos alles wat ons ignoreer
Die stortvloed sing die strate deur
Laat die kranse antwoord gee
Ons veiligheid word meegesleur
Ons bravade stel ons diep teleur
En ontkennings vloei in skare
Soos bloed verdun in water

So se dan ja en amen, en skryf my af as doemprofeet
Lê alles wat ek aansien op my geknakde senuwees
Te laat is ons vermaan om verantwoordelik op te tree
Nes alles wat bestaan - van stof tot stof en weggevee

So ons kyk af na die aarde; geen grafte om te grou nie
Geen kinders of getroues om ons uitwissing te berou nie

Tog met onrus gluur ons aan
Onverbiddelik sal ons staan
Want als is welgedaan
Als is welgedaan

Maar môre daal die Hemel neer
Soos alles wat ons ignoreer
Die stortvloed sing die strate deur
Laat die kranse antwoord gee
Ons veiligheid word meegesleur
Ons bravade stel ons diep teleur
En ontkennings vloei in skare
Soos bloed verdun in water
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top