… om geleenthede te skep. Regeringsamptenare bv dink baie lomp net oor makro-situasie. Bv groen energie moet vir hele Sadek wees. Draai denke om na mikro-situasie, maw huishoudelike situasie. In VSA bestaan dit al jare en dit is nie ‘n arm-en-been in koste nie, want dit gaan oor omset en nie winsgrens nie. Bv jou 12V-, 24V- of 48V-sonpaneel en windlaaier laai-batterybank. Hul het bv 12V geyser-elemente wat die krag kry sodra batterye vol is. Die geyser kan dien as verwarmer in winter. Hul het 12V-lugversorgers. Dis als bestaande tegnologie op mikro-skaal oorsee. Beleggers sal nie belê hier, solank banke en besighede teiken van gierige onteiening is nie. So ‘n “groen stelsel” sal jou R50 000 kos in dollar omgeskakel na rand. Plaaslik sal dit R500 000 kos, gierigheid, wat “groen” net ‘n rykman “fad” in SA maak. Alhoewel ek myself beseer het, is my nuwe tekeninge ingehandig vir lasersny. Beter konsep. Son en wind in Karoo, sal nooit opdroog op dieselfde tyd nie.
‘n Gewone bo-laaier wasmasjien werk van ‘n “sino golf-omskakelaar” en yskaste wat op gas en 12V werk, ou tegnologie in SA. So, ‘n sonverwarmde geyser met 12V-elemente in series vanaf windlaaier of sonpanele, kan konstante warm water gee. As jy plase onteien en boere moor, sit jy met “voedsel-inflasie” wat armes honger laat. Ingevoerde kos is duur en gevaarlik. Jy kan nie kommersiële plase onteien vir bestaansboere sonder vaardighede nie. Maw jy vat die land se ekonomie van ontwikkelde land na ‘n ontwikkelende land. ‘n Degradasie? Ek dink logiese denke het akademiese ontwikkeling nodig op skool. As jy kriminele se innovasie in wettige ekonomie kon kry, was SA ‘n hoogs ekonomiese ontwikkelde land. Die doel van lewe is om in harmonie met natuur te leef, net te gebruik wat jy essensieel nodig het en die natuur te respekteer. “Pay accounts” en sit met stront “COP 17 TALKSHOP”?
Hans Richardt

