doekvoetdoekoemdoepa

  • 0

sou’k hand waag, somm’r so, aan ’n sonnet,
m’t ritme virrie beat, metrum, rym virrie pyn,
sê hul wann’r Mens G’wete, oplaas, t’rug het,
s’l paloekaskap, nes b’dreigd’ spesies, v’rdwyn

maak Mens eintl’k oorlog versus Self,
eintlik mag niemand onn’raards delf,
almiskie, wann’r kô Mens tot b’sinn’ng,
hoev’l millennia voor ultra-oorwinn’ng?

antwoord hierop’s nu glattie so eenvoud’g,
Millennium Drie Krisis glattie net materieel,
via Self-d’struksie bly net struktuurg’weld oor

o lief, Sapiens degradeer spiritueel, doelmat’g,
deur g’woon selle ou Self-d’struksie-spel t’speel,
skoon v’n stryk af, so deur “Duiw’lspiek” b’koor

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top