Dit wat jou hart wil hê ...
Ons het in die middae gaan fietsry of draf
En as ek te moeg is om te praat het jy maar net vir my gelag
Sonder veel woorde het jy presies geweet wat ek wou sê
En sonder dat ek weet het jy klaar deur my oë gesien wat my siel wou hê
Jy was my David, my Ghandi, my prins charming en my beste pel.
Vir mekaar het ons altyd alles sonder twyfel vertel.
Wat as niemand my ooit weer so laat lag
Of vir my roomys wil koop in die middel van die nag
Praat met my, sê vir my,
wat is dit wat jou hart wil hê?
Hierdie gaan oor my en jou,
En wat more vir ons inhou
Jy het altyd gesê liefde is te kompleks vir ons om te begryp
En dinge gebeur altyd op die regte tyd.
Maar nou moet ek self my pap wiele ruil
En ‘n hele pakkie spookasem alleen opeet
Wat as niemand anders eendag teen jou opmeet
Moet ek al my drome dan maar net vergeet?
Die grootste les wat ek hier uit vir jou wil leer
Is om te weet wat jy doen maak ander mense ook seer
Praat met my, sê vir my,
wat is dit wat jou hart wil hê?
Hierdie gaan oor my en jou,
Jou en my alleen
Jou naam staan op ‘n deeltjie van my hart
En al ons avonture is weggepak in ‘n groot swart sak
Ek wens ek kon vir ewig net hier vir jou staan en wag
Maar jy weet ek het nie daardie tipe geduld of krag
Praat met my, sê vir my,
wat is dit wat jou hart wil hê?
Dit is nou als verby,
Plaas het ek dit net al lankal gesê
Hier is dit nou, net vir jou
Jy is wat my hart nog heeltyd wou hê...
![]() |



