"Dit wat ek het" deur Franci Dorfling

  • 0

Dit wat ek het

Vat my liefde, en my omgee
vat dit soos bedoel.
Vat my simpatie, en my empatie
en my meegevoel.
Vat my kennis en verstand,
vat my planne en my toekoms,
herinnering en foute,
my vergeefse vrae en hoekoms ...

Hier is wat ek het:
dit is nie veel nie,
maar ek het niks beter nie.
Vat als wat ek het,
dit is nie veel nie,
maar ek het niks meer nie.

Vat my tyd, en my geld,
en die vreugde wat ek het.
Vat my suiker, en my melk,
en sommer ook my bed.
Vat my hande en my voete,
my kar en kos en hart.
Vat my glimlag en my woorde,
vat my kuns en vat my smart.

Hier is wat ek het:
dit is nie veel nie,
maar ek het niks beter nie.
Vat als wat ek het,
dit is nie veel nie,
maar ek het niks meer nie.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top