“Dit was vir my” deur Eben van Renen

  • 0

Dit was vir my

 

(Vers 1 en 2)
Verskoon my ek was te veel te wagte
Te veel verbeel deur my slaaplose nagte
Dit was toe net ? brose gedagte … gewees …

Ek volg jou deur die tuin en die grafte
Sny jy my ek sien net die sagte
Vir jou durf ek die wêreld se magte … aan …

(Refrein)

Maar in die samespel van harte en vel
verloor jy
En in die rooie uur is die liefde te duur?
vra jy

Dit was vir my
Dit was vir my
Dit was vir my

(Vers 3 en 4)
Ek dog ek kon beheer tot ? mate
Toe kyk ek om die plek was verlate
Ek lê in die drom soos een van jou watte … nou …

Ek soek jou in die tuin en die grafte
Sny myself ek soek na jou sagte
Vir jou durf ek die wêreld se magte … steeds …

(Refrein)

Maar in die samespel van harte en vel
verloor jy
En in die rooie uur is die liefde te duur
vra jy

Dit was vir my
Dit was vir my (rek laaste klank uit om in Middle Eight oor te gaan)

(Middle Eight)

En ek voel net die skade soos hael op die aarde van my binneste
Al vra ek genade ek bloei deur die jare hoe dit ook al sy
Dit was vir my
Dit was vir my
Dit was vir my
Dit was vir my! (rek laaste noot uit sodat kitaar kan oorvat)

(Kitaarsolo)

En ek voel net die skade soos hael op die aarde van my binneste
Al vra ek genade ek bloei deur die jare hoe dit ook al sy
Dit was vir my
Dit was vir my
Dit was vir my
Dit was vir my!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top