Dit gaan goed met die mens ...
Dit gaan goed met die mens wat glo in homself
Jy dink jy is 'n koringaar
'n verlepte doringblaar
Niemand sal na jou kyk
As jy in die donker wegkruip
Jy dink jy verdien niks maar
Eintlik het jy alles klaar
Kyk net hoe jy nou lyk
Hoe kan jy dink jy't die lewe gedruip
Dit gaan goed met die mens wat glo in homself
Dit gaan goed met die mens wat dink vir homself
Doen wat reg is
Vermy wat vir jou sleg is
As almal weg is
Dan kan jou gevlegte gedagtes rus
Een mens se waarheid is dalk 'n ander se leuen
Eintlik het jy net jouself om op te steun

Jy het nou nuwe krag
Lewe met al jou mag
Niemand kan na jou kyk
As jy nie dit self aan gryp
Jy weet jy verdien, voorsien meer
Daar is niks wat jou kan keer
Dinge begin nou anders te blyk
Nou dat jy nie alles weg suip
Dit gaan goed met die mens wat glo in homself
Dit gaan goed met die mens wat voel vir homself
Doen wat reg is
Vermy wat vir jou sleg is
As almal weg is
Dan kan jou gevlegte gedagtes rus
Een mens se waarheid is dalk 'n ander se leuen
Eintlik het jy net jouself om op te steun
Dit gaan goed met die mens wat glo in homself
Dit gaan goed met die mens wat voel vir homself
Jy kan nou beter sien
Jouself eerder as ander bedien
Niemand sal so na jou kyk
As dit nie is wat uit jou dop kruip
Wat jy vir ander wys
Sal wees wat hulle van jou lys
Dit kan jy nooit ontduik
Met hulself sal hul jou vergelyk
Dit gaan goed met die mens wat glo in homself
Dit gaan goed met die mens wat doen vir homself

![]() |