Ek kry nie lekker die kloutjie by die oor met die diskriminasie teen vroue in SA en die wit man in apartheid nie? Tewens, apartheid se diskriminasie teen vroue is minimaal, in vergelyking met geloofsdiskriminasie teen vroue in SA. Ek kan nie onthou waar vroue tydens apartheid agter afskortings, weg van mans moes sit in gelykheid nie. Tans steur die SA geloofinstellings hul glad nie aan regstel van hul gebruike met geslagsgelykheid-wetgewing in hul instellings nie. Tog moet ek as "polities wit" geklassifiseerde man in 2012 SA, die wrewel van hierdie onderdrukte vroue in die werkplek dra en voel. Ek is nie ’n Christen wat Kolossense 3 vers 18 aanmekaar aanhaal nie. Ek kom nie in instellings waar hierdie bitter SA vroue agter hul afskortings hul wrewel teen al wat ’n Sa man is, voed nie. Verder, as dit kwasi-politici pas, dan is ek as "wit man" geneties afkomstig van ’n Krotoa, een of ander Khoi-vrou waarvan die bestaan net bespiegelings is. Waarom as ek geneties inheems "wit" is, moet ek diskriminasie uit alle oorde verduur? Is dit nie blatante xenofobie wat ongrondwetlik geword het nie? As ek miskien ’n boer is, hoekom moet ek af van die plaas, as my matriagale mitochondria dan Khoi is? SA is so vol oksimorone op alle gebiede, dat geen normale mens sin kan maak ten alle tye nie, want Jan Rap plaas my outomaties in sy denkekassie oor Afrikaner. Al wie seker van ’n etniese groep in SA tans, is die Chinese, wie swart verklaar was deur die SA Grondwetlike hof. Dalk moet die "politiese wittes" dan ’n aansoek bring by die SA Grondwetlike hof, om as iets inheems SA verklaar te word of patenteer dit sommer, Jan Rap?
Hans Richardt

