Diskriminasie op grond van geslag

  • 4

Dit is so dat daar in die werksomgewing teen vrouens gediskrimineer was. Ek was nog ’n student net na ons troue en my vrou, wat by ’n semistaatsinstelling gewerk het, kry toe bonustyd net die helfte van die bonus (soos al die ander vrouens) wat die mans daar kry – hulle argument was dat dat die mans se bonus meer is omdat hulle die broodwinners is. Ek gaan sien toe hulle personeelafdeling en sê dat my vrou op die oomblik die broodwinner is, hoekom kry sy dan nie die volle bonus nie? Jy kon netsowel met ’n muur praat; dit is maar soos dit is, was hulle antwoord.

Dinge het egter verander. Ek hoor nou onlangs daar is meer bestuurderesse as bestuurders die afgelope jaar aangestel tot groot blydskap van feministe, vroueregte-stryders en dies meer. Niks fout daarmee nie mits, natuurlik, hulle bevorder of aangestel is op grond van meriete en nie bloot omdat hulle van die vroulike geslag is nie anders is ons terug by die staatsdiens van Engeland en al sy kolonies en dominiums van destyds.

Daar is egter, ten spyte van die heersende verligtheid, nog plekke waar vrouens nie verteenwoordiging geniet wat hulle getal in die samelewing reflekteer nie. Tronke byvoorbeeld; daar is by verre meer mans in ons tronke as vrouens. Vroueregte-stryders kan gerus aandag hieraan gee. Ook in gholf word teen vroue gediskrimineer; hulle slaan van ’n ander bof af as die mans.

Ek moet darem sê, vir balans, daar was tye wat teen mans ook gediskrimineer was. As die personeelafdeling agtergekom het jy het nog nie jou diensplig voltooi nie, was jou kans om aangestel te word baie skraal; vroue wat verby hul kinderkry-ouderdom was het voorkeur gekry. Dinge het egter verander; daar is nie meer diensplig nie.

Jan Rap

 

 

  • 4

Kommentaar

  • Sou jy sê dat rugby, sokker en krieket vrouesporte is? Is daar dieselfde getal toeskouers by hul wedstryde as by die manne? Hulle eis hier ook "equal pay". Het jy al 'n vroue rugby/sokker/krieket game deurgesit, op tv of by die veld?

  • Ek gaan nou op geskree word. Ek kan nie sien dat rugby, sokker en krieket deur dames beoefen hoef te word nie. Dit "lyk net nie reg nie". Ek kan onthou as jongeliet hoe hard dogtertjies my al geduik het tydens grasperk-rugby. Golf en tennis is meer aanvaarbaar. Maar deesdae weet mens mos nie meer nie. Die lot wat vir gelyke betaling en geleenthede skree het ek geen pyn mee nie. Hoekom word dames nie vir infanterie-opleiding en na die gevegsfront toe gestuur nie? (Weet nie of die Israelies dit al doen nie.) As hulle skree oor gelyke regte, klim saam met mans in die bokskryt of sak in die blokke as daar 'n 100/200/400 meter gehardloop word. As jy nie saam met die groot honde kan loop nie, bly sit op die stoep. Ek is seker uit de oude doos maar so is dit maar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top