"Disko-blou" deur Petro le Roux

  • 0

Disko-blou

daar is vanaand ’n disco in die see
dis die freedom en volmaan-blues
ons moods het dit lank voor onsself geweet
gisteraand was ons lakens vol beneukte sweet
dit syfer by ons uit
dit smeek vir net wegbreek

ons is nie meer hier nie
nie in ons koppe,
en ook nie in ons bier nie

ons wil dans dans dans
saam met die amazing groen golwe
ons wil dans dans dans
want gister’s vir die wolwe

kom draai saam met ons
om die volronde maan
kom dans dans dis
die disco-blou van ’n collective aand

ons is nie meer hier nie
nie in ons koppe nie
en ook nie in ons bier nie

kom dans saam met ons
om die volronde maan
skree out loud
dis waaroor die lewe gaan
vergeet van gister en just move on on on

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top