“Dis wat jy nie sê nie” deur Myrtle Theart

  • 0

Dis wat jy nie sê nie

 

Koor
Dis wat jy nie sê nie, wat jy nie sê nie wat alles sê
dis wat jy nie wil nie, wat jy nie wil nie, wat jy nie wil hê
dis wat jy nie sê nie wat alles sê
wat alles sê

In die tyd van melk en heuning was daar soveel hoop
saam het ons opdraairoomyse by die hoekkafee gekoop
saam gelag dat die trane rol, my hart was vol
maar dit was die stiltes en swye, die kiltes en koue
wat slaan soos `n sambok se houe
nou is my tasse gepak en ek is reg vir die reis
leiding van Bo gaan die pad vir my wys

Brug 1
Als ruik lekkerder
alles lyk helderder
als voel beter as ooit tevore
ek trap nou nuwe spore
die planete is in perfekte balans
ek gee myself `n tweede kans

Herhaal koor

Vrolike velde kosmos laat dans my hart in die wind
in die wuiwende, geel kroonblare kom vrede my vind
die verlede verdwyn nou soos mis voor die son
want dit was die stiltes en swye, die kiltes en koue
wat slaan soos `n sambok se houe
dis die eerste dag van die res van my lewe
dit is die lewe waarna ek strewe

Brug 2
Als klink mooier
alles proe soeter
als voel beter as ooit tevore
ek trap nou nuwe spore
die planete is in perfekte balans
ek gee myself `n tweede kans

Herhaal koor


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top