Dis nuwe djaar ...

  • 0

Genugtig, ek het 2011 gemaak. Mag voorspoed almal in 2012 verveel. Ek hoop van harte dat die inhoud van die Net sal verbeter en dat sekere korrespondente kennis van verstand kry.

Ek lees nie die Net meer so baie soos ek wil nie om die volgende redes, ek hardloop bietjie in die rooi en het nie tyd nie en tweedens dieselfde sotlike argumente teen al wat beskawing en blankes is, is nou al holrug gery. Ek glo nie aan Nuwejaarsvoornemens nie maar ek gaan probeer om my te weerhou om oor die politiek te praat of redeneer. In ons land is dit in elk geval nie die moeite werd om jou bloeddruk daaroor op te jaag nie. Dit grens in elk geval aan die absurde. Dit is in elk geval nie politiek nie maar ‘n knoeiery van eerste water en ‘n etniese onderstromings twissery en soos die Ingelse dit noem, “rumour mongering”.

Ons ekonomie, vir wat dit mag werd wees gaan moeilike tye in. Ek wil my nek uitsteek en voorspel dat hier kom ‘n ding en dis nie modder nie. Ons gaan steeds jakkalsgate in die paaie kry, riool gaan steeds in die drinkwater wees, vakbonde gaan nog steeds die werketiek en produktiwiteit in die wiele ry en ons gaan lekker drink en braai.

Die Bokke gaan sukkel sonder die regte afrigter. Bafana gaan van krag tot krag. Die krieket sal voortploeter. Ons gaan tot die koeie huis toe kom hoor die ANC is een honderd jaar oud. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Oor die vakbonde het ek net die volgende. Die laatie kom by sy pa en vra pa wie en wat is ‘n vakbond. Vakbond, my kind McGiver is beter.

Ek het net een raat en dis wat die ou oom vir die Ingelse dolla gesê het: “Hou jou kant skoon juffrou, hou jou kant skoon.”

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top