"Dis nie jou skuld nie" deur Willem Bevredig

  • 0

Dis nie jou skuld nie

Ek vind self seker in die gemak van ’n ander
Daarom ontferm ek my oor jou
Ek is nie ’n goeie ou vir jou nie
My intensies gaan jou breek
My mes van selfsug
Gaan met selfvertroue
Jou in die rug steek
Jy is my skild teen die knop in my keel
Dis nie jou skuld dat ek nie liefde met jou deel nie
Soos sout gaan jy my wonde genees
Die sout van jou trane, ek’s bevrees
Woede wat wonde word
Jou klein hartjie my kos
Hou dit tuis
Sodat ek dit mis as ek jou los
Vat jou liefde
Laat dit blom
My hart het lankal tot stilstand gekom

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top