"Dis net jy" deur Anika de Kok

  • 0

Dis net jy

Dis net jy wat my so kan laat voel
Jy’s so oulik, laat my liefde verspoel
Wanneer jy aan my raak, klop my hart wild
Dis alles net jou skuld

Kan jy my sien, kan jy my hoor?
Ek het myself in jou verloor oor en oor en oor

Dis net jy wat my so tart
Dis net jy wat jy verward
As ek jou sien weet ek dat jy beter verdien
maar vir altyd wil ek net jou by my sien

Kan jy my vertel hoekom jy my so min bel?
Kan jy my vertel hoekom is jy nou net ? pêl?
Het ek myself verbeel
of is ons in die helfte gedeel?

Dis net jy wat ek verloor het
Dis net jy wat by my gesteel is
Dis net jy wat ek nog liefhet
Dis net jy wat my hartedief is

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top