"Dis hartseer onder die son" deur Henk Klopper

  • 0

Dis hartseer onder die son

Dis dagbreek as ek opstaan
die uitdaag berg lê voor
Die raaisels oor van more
hou my gedagtes op die spoor

Gister is vergeefs verby
Die dag wat ek sal kan onthou
as die tydstip van my lewenspad
Die dag met net te veel berou

REFREIN:
Dis hartseer onder die son
Sal ons ooit hierdeur kan kom?
Ons weet te min oor dié soort goed
Ons leef te veel in die gemoed
Dis hartseer onder die son

Hoe moet ek hierdeur kom?
Wat moet ek verstaan?
Ek sien geen tekens duidelik
Ek vra net oor my bestaan

Stuur die boodskap duidelik
in tale om te verstaan
U ken die grysheid van lewe
U het my lewe gebaan

REFREIN

Dis hartseer onder die son
Ek weet ons sal hierdeur kan kom
Ek kan nou sien wat daarin steek
Ek sien dit raak, ek ruik die reuk
Dis hartseer onder die

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top