Prentjies spreek boekdele...
My woorde het opgeraak, selfs net om die eenvoudige betekenis aan "sikofant" hier te verklaar.
Die woordeboek se "volgsame aanhanger" en "kruiper", is veels te kras vir die strydlustige oepsie-doepsie aktiviste op die werf.
Mog hierdie die boodskap oordra ...
Cornelius Henn
(en o ja, ek het die prentjie per epos ontvang ... met apologie aan die oorspronklike fotograaf "Chad Wright 2013")


Kommentaar
Hoekom wonder ek dié twee se name Kosie en Dolfie is????
Hahaha Thomas ... dit kon ook Jaco en Wouter, Chris en George, Trienie en Kobu s... ensovoorts wees; elkeen met hul omgekeerde beurt daarin ... daar is maar min hier wat hul eie kan krap!
Cornelius,
Ek het na jou geplaasde foto gekyk en dadelik geweet dit is ‘n foto van Corrie en Thommie. Jy sien, Corrie en Thommie is ewe onnosel, maar verbeel hulself hulle is nie. Corrie, wat aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly, hou daarvan om, byvoorbeeld, homself uit te spreek oor talle dinge, maar almal weet hy het eintlik geen “clue” nie. Thommie aan die ander kant verkondig gedurig hoe hy aan dit of dat werk en hoe uiters slim hy is, maar word gereeld uitgevang …..’n kwessie van “slim vang sy baas”…dat hy asit’ware die pot missit. Hy probeer dit egter wegsteek, maar almal sien dit raak. Die rede vir hul onnoselheid is voor-die-hand-liggend – en kan ook duidelik op die foto gesien word – hulle is in die duisternis en soek op duistere plekke vir antwoorde – bygesê, ook dikwels bymekaar-, seker dié dat dit wat uit hul monde kom maar ‘n klomp bobbejaan-mis (“bollie”) is….. Die vraag, in dié geval, is net wie van Corrie en Thommie op die foto voor en wie agter is….hulle lyk dan so baie na mekaar….
Sterkte
Dolf