Geskryf vir: Straatligkinders
Hou my terug
Hou my vuiste weg
Hou my hart
Hou my vuiste weg
Jy het my verloën
Jy het my veraai
Jy het my verloor
Jy het my idee van menswees gesteel
En nou is ek in ? booitjie oppad na êrens, êrens
Waar ek waarheid kan vind
REFREIN:
Dis die storms, ja, die storms wat my maak wie ek is
Dis die storms, ja, die storms wat my maak wie ek is
Dis die winde en bang wees
Die gevoel vir wat ek kan wees
Want ek sien jou hand
Ja, ek sien jou hand
Ek sien, ek sien, ek sien jou beskermende hand
Dis die storms, ja, die storms wat my maak wie ek is
Dis die storms, ja, die storms wat my maak wie ek is
Ek hoor jou stem in die stilte van die nag
Ek skreeu alleen vir iemand wat verstaan en dalk vir my wag
Ek hou my hande gevou
Met drome, seerkry, opstaan, val en my storie op pad na êrens, êrens
Waar ek waarheid kan vind
Hou my terug
Hou my vuiste weg
Hou my hart
Hou my vuiste weg
Jy het my gesien
Jy het my verstaan
Jy het my vergewe
Jy het my idee van menswees geword
En nou is ek in ? booitjie oppad na êrens, êrens
Waar ek waarheid kan vind
Want ek sien jou hand
Ja, ek sien jou hand
Ek sien, ek sien, ek sien jou beskerm hand
My baklei-hart, my baklei-gees, my baklei-menswees
Dis tyd om my vuiste weg te hou, terug te hou
Weg te hou en terug te hou
Jy het my gesien
Jy het my verstaan
Jy het my vergewe
Jy het my idee van menswees geword
En nou is ek in ? booitjie oppad na êrens, êrens
Waar ek waarheid kan vind
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.