Hallo Dirk D
Jy bewys onteenseglik hoe verkeerd dit is om ’n algemene begrip as iets vanselfsprekend te ag by bydraers soos jy op die werf.
Daarom verduidelik ek weer, en herhaal ek so ’n paar gedagtes omtrent die onderwerp spesiaal net vir jou.
Dirk D, jou onthutstheid waarin jy verlede Vrydag so oortuig is dat Wouter veronderstel het dat die Bybel ’n "geslote sisteem" is, is eintlik juis vanweë my moeite en toewyding om die verwysing na die Bybel as ’n "geslote sisteem" in een van Wouter se lompe bydraes uit te sonder.
Ons redevoering rondom die onderwerp sou dus glad nie gewees het, was dit nie dat ek Wouter se hoogdrawende vernieling van taal met sy geanimeerde woorde soos "geslote sisteem" op die Bybel te dwing, uitgewys het nie.
Ekke, Cornelius Henn, is dus van die eerstes en daarom geheel en al bewus van die feit dat onse Wouter, wel die waan toegedaan is dat die Bybel ’n "geslote sisteem" is.
Nou ja Dirk D, ek het reeds aan Wouter uitgewys dat in die fisika, natuur- en rekenaarwetenskap, die woorde "geslote sisteem" wel ’n bekende en bepaalde betekenis het. Dis egter baie swak taalgebruik om na die Bybel as ’n "geslote sisteem" te verwys in plaas van die algemene begrip dat die Bybel "toe" is vir sommige.
Natuurlik probeer onse Wouter met terme wat in die fisika, natuur- en rekenaarwetenskap hoort, ’n wetenskaplike sweempie te skep as bewys vir sy bitter ongeloof.
Dirk D, ons het reeds ooreenstemming omtrent die feit dat die Bybel vir sommige (ja selfs vir die man van strooi – die ou grote Kobus de Klerk), ’n "toe" boek is.
Die verskil in ons rede handel na my mening hoofsaaklik oor eerlike taal gebruik.
Dit sal gewoon onmoontlik wees om sinvol te kommunikeer as elke Woutie en sy knaap aandring op ’n "poëtiese gesprek" bepaald tot hul eie konteks en betekenis aan woorde.
Wouter se begrip van die Bybel as ’n "geslote sisteem", hou eenvoudig nie water in die algemene verklaarde betekenis van die woorde "geslote" en "sisteem" nie .
Woordeboeke, en veral verklarende woordeboeke, stel ons in staat om op geordende wyse met die minste misverstand oor alle grense met mekaar te kan kommunikeer.
Dis uit respek vir my onderwerpe, maar bowenal uit respek vir my medemens om in welke die taal of vak my te laat "vasvang" deur die algemene betekenis van woorde en my bedoeling ondergeskik te maak daaraan.
Dis aanmatigend en verwaand om jou eie betekenis aan woorde en taal te bring net om jou eie sogenaamde bedoeling te laat geld.
Maar Dirk D, al ervaar ek die Bybel en menige ander heilige teks as "oop", ken geen mens eens sy eie hart nie. Ons almal se hart het iewers ’n ondeurdringbare muur om. "TheWall" van Pink Floyd, is na my mening die mooiste kunsprosa om hierdie werklikheid uit te dra.
Hierin ag myself die minste; "oop" en "toe" staan gelyk in ons hart. Geen geloof kan verhef word bo ongeloof nie. Geloof uit die hand van GOD is genade. Niemand het aanspraak op enige verdienste daarin nie.
My pleit is gewoon vir die plesier en vreugde daarvan om die algemene betekenis van woorde te ken en te respekteer. Baie pyn kan sodoende gespaar word en ons gedagte, kan met groot spronge daardeur evolueer.
Mag Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper, self die sleutel tot die poort in die ondeurdringbare muur om ons hart wees.
Baie Dankie.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

