Dirk D en die Godheid

  • 0

Dirk D

Nee, dit is nie God vier-enig nie, maar wel God Drie-enig. Ek gebruik alternatiewelik die Titels Woord en HERE Jesus, maar verwysende na een en dieselfde Godheid en verstaan jy my verkeerd – sien 1 Johannes 5:7-8. Terloops, die skakel na my geloofsbelydenis wat jy voorsien het, werk om een of ander rede nie.

Die HERE Jesus Christus en die Woord is Een en dieselfde. Die Woord is God en was en is nog altyd by God (Johannes 1:1-5). Die aardse hoedanigheid van die Woord is die HERE Jesus Christus en in die Hemel is die Woord as sodanig bekend en op aarde is die Woord onder andere ook bekend as die Bloed (1 Johannes 5:8).

Wat wel gebeur het, is dat die Woord sowat 2000 jaar gelede in Mens geïnkarneer het deur die maagdelike geboorte van Jesus Christus en dan ook bekend staan as die Seun van God, die Seun van die Mens en Messias en die Christus, elk verwysende na die spesifieke hoedanigheid waarin die HERE op aarde dien. Tóé het dieselfde Woord, Wie nog altyd bestaan, inderdaad ook menslike vorm aangeneem, vir die bepaalde doel wat op Golgota volbring is en ook om die onderskeid eens en vir altyd te tref tussen die baie wanpersepsies wat heers tussen die verskillende religieë omtrent die ware Godheid en die ware Godheid Self (Johannes 14:6-7) en die ware Godsdiens (Deuteronomium 6:5; Levitikus 19:18, 33-34; Mattheus 5:17-19, 43-44; 22:36-40).

Dus, nee, God is die Drie-enige God.

Nou ja, Spirituele intelligensie sou jou help, of hoe? Maar jy weet mos, intelligensie en so ook Spirituele Intelligensie, is soos ’n spier wat geoefen moet word en dié kan jy mos ook doen, as jy net sou wou …

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top