Naas Viljoen skryf ’n interessante brief – “Goue Era III (Aristoteles) – 4 Mei”. Net jammer dat dit in suiwer antieke-geskiedenis-lesing-aanbieding voorgekom het sonder enige persoonlike kommentaar van die skrywer. Ek persoonlik het altyd van Diogenes se siniese lewensfilosofie gehou, en leef heelwat daarvan persoonlik uit. Die geveinstheid van die mensdom, die pretensieuse lewenswyses van veral diegene wat wil voorgee hulle is beter as hulle medemens. Dis die dat ek nie skaam om myself hier en elders as ’n ateïstiese-moffieslet uit te beeld nie. Talm nie om die morele geveinstheid van beide “straights” en gays te repudieer nie.
Sy lewenswyse wat hy persoonlik ten toon gestel het om uit te beeld dat alles wat enige sogenaamde “beskawing” aan te bied het, net ’n kledingstuk is om die mens te vervraai. Die model van die hond, wat weet wie vriend en vyand is, wat te enige plek sal kan eet, slaap en ontlas, beeld uit dat die mens na alles gese en gedaan is, niks anders en beters as dit ook is nie. Dit bring alle mense op gelyke vlak. Die doodsbeendere van rykes en armes kan nie onderskei word nie, die vermorsing van middele en die nutteloosheid vir die afgestorwene van weelderige begrafnisse, ens. Die nutteloosheid van nasionalism, hyself, die eerste gedokumenteerde mens wat homself als “wêreldburger” beskryf het.
Diogenes se lewe het oorvleuel met dié van Ateas, koning van die Skythians. Altwee het in gesonde eenvoud tot 90-jarige ouderdom gelewe. ’n Les vir my. Persoonlik huldig ek ’n groter helde-verering vir Ateïs as Philip en sy beroemde seun, Alexander die Grote van Macedonia. Beide Diogenes en Ateïs het gesonde fisiese lewens gelei. Ateïs op 90-jarige ouderdom was nog sterk genoeg, met swaard in die hand, saam met sy troepe, om die Macedoniers op die slagveld aan te vat. Was dit nie vir die feit dat hy deur die swaard van koning Philip van Macedoia op die slagveld gesneuwel het nie, kon hy nog heelwat jare daarna uitgesien het. ’n Besonderse prestasie in ’n tydperk toe die gemiddelde lewensverwagtinge daar by die 50 jaar was.
Jaco Fourie


Kommentaar
Baie interessante stuk, Jaco.Dit laat mens wonder oor eenvoud en die feit dat die moderne mens hom so vasgespin het in sy besittings.Dit lei tot stres en bekommernis en dan moet jy nog jou status ook uitleef!
Jy is so reg,dat alle mense eintlik maar op gelyke vlak is.
Groetnis
Perdebytjie
Jaco,
Jy kan nie sonder meer 'n lewenswyse anders as joue, wat jou permissiewe lewensfilosofie verdag maak en as sulks uitwys, afmaak as sogenaamd geveins of pretensieus nie.
Daar is maar relatief min mense wat so bandeloos wil lewe soos wat jy jouself hier bekendstel, en hulle is opreg in hulle afkeer daarvan.
Daarom beteken jou onderskeidlose kritiek, soos jy dit uitdruk, niks nie.
Hulle sal net geveins en pretensieus wees, as hulle jou lewenswyse wat jy aan die groot klok hang en hul daaroor afkeurend uitspreek, as hulle dit sefl heimlik doen - maar dit wat jy dikwels van jouself openbaar is so onaanvaarbaar en immoreel dat mense dit kwalik self sal wil doen.
Dalk moet jy probeer besef dat jou lewenswyse 'n minuskule minderheid se voorkeur verteenwoordig, en dat jy maar gerus kan ag slaan op die waarskuwings en teregwysings van ander. Jy leef geheel en al op die horisonne van jou eie gemaksones welke jy self definieer en jou lewensfilosofie daarvolgens inrig en uitleef - dit is baie immoreel. Die rede dat jou gewete jou nie daaroor pla nie, is natuurlik omdat jy 'n ateïs is. Die is jy, omdat jy nie kans sien om binne die morele standaarde van God te leef of selfs te probeer leef, nie.
Jou lewenspatroon (die deel daarvan wat jy immers van tyd tot tyd op hierdie forum uitblaker) stel absoluut geen navolgenswaardige standaard daar nie - eerder hoe om dit nie te doen, nie.
Kobus de Klerk
Hello Jaco,