Toe ek vanoggend 03h00 wakker word met my knopknieë in Long John's en nie verstaan wat die geraas buite my deur is nie, soek ek na my bril in donkerte ...
Eindelik strompel ek uit op my woonstel se stoepie en soek na 'n klip en gooi dit na die paartjie op die afloopsloot se wal, toe verstaan ek, skades en skandes ...
Toe ek weer in my bed lê, sê ek saggies dankie liewe Vader, dat mense nie dieselfde sekslewe het as katte en honde nie.
Groete
Hans Richardt


Kommentaar
Ons kan net so bly wees koeie vlieg nie.
Reusedwerg, ek sou sê dankie olifante vlieg nie ... dink hoeveel keer jy jou voorruit sou vervang, as ek kyk na wat hadidas doen aan 'n kar ...
Ek is net weer dankbaar bly dat ek nie hier in Durban Long Johns hoef te dra nie.
Wel, hier in die Bo-Karoo is -6C nie vreemd in vroeë oggendure nie.
Al wanneer 'n Durbaniet lang janne dra is wanneer hy in die winter vir sy familie in Kloof/Hillcrest of Gillits gaan kuier, of boeremark toe gaan
Boeremark moet juis in kortbroek, met tweekleur-kakiehemp en slap hoed besoek word. Jy gaan mos nie vir Jong Dames Dinamiek-vergaderings nie ...
Die dassies hier voor my voordeur lyk soos kleinerige honde, wanneer hul in die son bak in witgatboom op stam so teen 10h00 wanneer dit -4C was in nag.
Die slotsom waarby ek kom, is dat mens deesdae met waterstewels as pantoffels moet uit, om nie in die stront op sosiale media te trap nie ...
Waterstewels of te not; trap sal jy trap.