Diep
Vers 1
Soms grawe ek net te diep
en tref die boorgat van my emosies.
Jou wegkykfrons en ek wil meer sê as niks -
’n ontwikkelingsentrum vir die paranoïes.
Vers 2
Soms skryf ek vir die diep seerower
wat met my diepste seemonsters veg.
Of duik ek dieper daar waar
clichés gevaarlik aanheg.
Refrein
Ag, wat maak dit saak
as ek my hele lewe in ’n strofe kwytraak?
Wie gee werklik om? Dis alledaags, die gewone.
Jy sit steeds op elkeen van my gedigtetrone.
En ek kan nog dieper.
Vers 3
Dan brand ek net gou weer
die grasdak van jou verlepte woorde:
“Dis diep, ek verstaan dit nie.”
Daarvoor sal jy my maar moet vergewe.
Vers 4
Wat is diep en wie besluit hoe diep?
Die wyse wat diep in die lewensbottel kyk?
Diep in gedagte oor hierdie dinge:
etiek, wêreld, toekoms, jy.
![]() |



