Sjalom.
Uit hierdie vyandige getuienis van Kobus de Klerk:
Jy (Cornelius Henn) word aangevat oor jou tirade teen wat in die Woord staan, en wat ons as ware gelowiges herhaal. Jou aansprake het géén grondslag in die Woord nie en baie van die religieë wat jy onder die HERE se Naam wil saamflans, weerspreek of misken die bestaan, wese en hoedanigheid van die HERE Jesus Christus direk – tog maak dit vir jou nie saak nie?
Dwaling daarin is verwysing na die Bybel as "die Woord". Hierdie onjuiste opvatting is ontwerp op Johannes 1:1 "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." Deur hul gunsteling vertaling van die Heilige Skrifte vandag bekend as die Bybel te verafgod, bemagtig godsdiensboewe hulself.
’n Aanvegbare snede is die volgende "en baie van die religieë wat jy onder die HERE se Naam wil saamflans, weerspreek of misken die bestaan, wese en hoedanigheid van die HERE Jesus Christus direk".
Ek dink dis absurd om te veronderstel dat ek Hindoe, Moslem, Judaïsme, of Protestantisme as draers van die Evangelie veronderstel.
Dis in nederige dankbaarheid wat ek heengaan na Hindoes, Moslems, Jode, Boeddhiste ... en selfs Protestante, Agnoste en ateïste om die Goeie Nuus van die menswording, kruisiging en opstanding van ons almal se GOD te deel. Oral sing en dans ek saam met hulle tot eer van onse GOD – die verheerliking van onse almal se Messias wie se geboorte ons hierdie tyd vier.
As die HERE geken word as ons almal se Almagtige Lewende Skepper, dan beskou ek alle godsdiens tot eer van die HERE.
Uit ervaring deel ek dat Hindoes die Evangelie met ope arms ontvang. Dis maklik vir ’n Hindoe. In Hindoe beskouing ontvang elke mens op aarde sy eie persoonlike openbaring van GOD. Die uitdaging is om met ’n Hindoe te deel dat Jesus Christus, dié openbaring uit al die algemene openbaringe van GOD is wat die mensdom gaan red.
Jode verwerp Jesus Christus as ons Messias. Die boodskap dat Jode, GOD gekruisig het, doen nie goed vir hul etos nie. Dit bemoeilik besigheid as ’n Protestant teenoor ’n Jood staan. Party Jode oorskat hulself met "we killed GOD, think what I will do with you". Sommige Protestante raak anti-Semities in hul minderwaardigheid en haat Jode omdat die Jode, "GOD nie eens gespaar het nie".
Moslems het die hoogste agting vir Jesus Christus as Profeet van alle profete. Moslems misken Jesus Christus as GOD, omdat geen Jood volgens hulle op aarde by magte is om GOD te kon dood nie. Moslems deel ook katolieke se heilige respek vir Maria.
Moslems, Jode en katolieke kom saam in moskees en sinagoges in hul aanbidding tot die GOD van Abraham. Katolieke aanbid Jesus Christus ons GOD alleen in hul katedrale. Moslems besoek katedrale met die hoogste agting aan Jesus Christus as Profeet en Maria sy moeder. Daarteen betree Jode geen plek waar Jesus Christus aanbid word nie.
Protestante, nes Kobus de Klerk, is in die reël vyandig teenoor die verkondiging van Jesus Christus as ons Almagtige Lewende Skepper. Hulle fabriseer allerlei dogma waarin Jesus Christus as ’n soort martelaar deur GOD daargestel is, maar nie GOD self is nie. Vandaar Kobus de Klerk se vyandigheid aan my belydenis dat Jesus Christus ons Hemelse Vader is.
Wouter bied die kapitalistiese oplossing deur elkeen na sy hoekie met sy eie god te stuur. Dis totaal verwyderd van die algemene aanbidding tot GOD in die mensdom.
Mag Jesus Christus ons GOD, self die mite van sy openbaring aan elkeen werklik maak.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius Henn

