Ons algehele loop deur die lewe, die rigtings wat ons neem en die keuses wat ons maak, word alles opgeneem. Hierdie opgawe vorm dan die samestelling van ons boek van die lewe wat andere kan lees en evalueer.
Inherent in ons almal is daar ’n behoefte aan aandag en om andere te beïndruk. Hoe goed ons dit doen, bepaal dan die beloning wat ons daarvoor kry. Om hierdie rede is dit noodsaaklik dat ons ? selfbeeld ontwikkel wat ons graag aan die wêreld wil projekteer.
Selfondersoek is ’n goeie beginpunt, maar dit sal baie min doel dien as ons nie eens weet wat ons identiteit definieer nie. Om te weet wie en wat jy regtig is, sal jou in ? posisie plaas om jouself te herontdek voordat jy jouself in die rigting van die wêreld lanseer om ? maatstaf-merk vir jou opgeknapte identiteit te vestig. So, wie is jy regtig?
Vanaf die punt van geboorte het jy begin bewus word van ’n omgewing gevul met beelde en klanke. Gou was al vyf jou fisiese sintuie aktief om alles te absorbeer wat aangebied is om jou van een fase van jou groei na die volgende te neem. Na jare van koestering, liefde en aandoening van jou ouers, en na jy jou skoolopleiding voltooi het, was jy gereed om die belonende wêreld in te vaar. Die vraag is, wat het jy eintlik om aan te bied en wat kan die mensdom van jou verwag?
Alles wat jy ooit geabsorbeer het deur jou vyf sintuie vanaf jou geboorte tot die huidige oomblik het saam gewerk om jou persoonlikheid en karakter te vorm. Jou gedagtes is beperk tot jou ervaringe en jou gesproke woorde sal gebaseer wees op jou gedagtes. Jy is wat jy dink en sê.
Jy het ’n neiging tot sekere eienskappe, tendense en gewoontes, hoofsaaklik as gevolg van die konstante blootstelling aan jou ouers en gelykes wat hierdie neigings dan aan jou oorgedra het. Jy is gevul met die geheues van jou lewenservaringe, met al die aksies, besluite en keuses wat jy ooit gemaak het en woorde wat jy ooit gepraat het. Jou intellek is ontwikkel as ’n gevolg van hierdie ervarings.
Jy is dus die somtotaal van wat jy gesien, gehoor, geruik, geproe en aangeraak het. Al hierdie dinge saamgevat verteenwoordig jou woord. Die enigste ding wat jy, as ’n "sintuigopgewende" skepsel, aan die wêreld kan voorlê, is jou woord. Jy word beoordeel deur jou woord, want jy en jou woord is een. Jou persoonlikheid en karakter bestaan uit jou onuitgesproke woord (jou intellektuele gedagtes) en jou gesproke woord. As ’n lewende, lopende, menslike wese is jy is' n "houer" van ’n woord met jou naam daarop. Van die wêreld se oogpunt is jy niks meer as dit nie.
As iemand jou moet vra: "Wie is jy?" kan jy maar net sowel sê: "Ek is my woord, en die naam van my woord is Jan Smit." Of as iemand met die naam Maria by jou aangeklop het, dan kan jy sê dat die woord van Maria vandag by jou was. Al ooit só daaraan gedink?
Dit is dan jou identiteit – jou woord.
Maar dit eindig nie daar nie. Hierdie woord van jou is ook jou boek van die lewe. En hierdie boek, jou eie boek, het jy al van geboorte af begin skrywe. Jy voeg daagliks bladsye daarby en sal so aanhou tot die dag wat jou lewe tot ’n einde kom. Daar is werkgewers en handtekeningjagters daar buite, en hulle is op soek na ’n goeie boek. Laat dit joune wees.
Jack Vorster
Brief verkort. – Maggie

