Die wit vloek vir swart Suid-Afrika

  • 3

Die beswaar van swart Suid-Afrikaners deesdae is dat wittes en veral Afrikaners in hierdie land ekonomies die bevoorregtes is; wil nie hulle met die massas vereenselwig nie; wil nie met meerderheid besluitnemings betrokke wees nie; is stroomop teenoor swart bemagtiging gekant; leef afsonderlik van swart mense, dws wil nie integreer nie; wil nie verander nie; ens. Die EFF vuur juis hierdie sentiment aan tot eie voordeel.

Mbt ekonomiese bevoorregting, word beweer dat Afrikaners hul rykdom vanaf die apartheid-era in die nuwe bedeling met hulle saamgebring het. Wat my verwonder is dat selfs Afrikaners vergeet het hoe hulle grootskaals vanuit hulle poste na 1994 uitgeskop was om plek te maak vir swartes. Afrikaners in die myne; in die poskantore; in die weermag; die polisie; korrektiewe dienste; verpleegsters; tellers; in die belastingkantore; ens. Afrikaners is grootskaals van hul staatsposte en mynbetrekkings uitgesit. Meer as die helfte van die Afrikaner werkerskorps het sonder werk gesit of oorsee verhuis. Stilletjies, sonder enige rumoer, het hulle hulself oor die jare heen by hul skoenrieme opgetrek, en hulself meer welvarend as voorheen bemagtig tot sodanige mate dat dit die jaloesie van die swart massas nou uitlok, wat nie wil vergun dat die Afrikaner op eie inisiatief homself sy welvaart na 1994 opgebou het nie, en wil dit nou propagandies voorgee dit is pre-1994 vanuit die apartheid era oorgedra na die hede!

Dan kan hulle ook nie verstaan hoekom Afrikaners nie met hulle in alles eens is nie. Ook Max du Preez verkwalik Afrikaners deur te vra: “Waar was julle Afrikaners? ten tye van die onlangse studente ‘protes’-aksies.”

Met die Waarheid en Versoeningskommissie het albei kante onderneem om nie te vergeet nie, maar wel om mekaar te vergewe. Wat gebeur sedertdien? Swartes ontneem Afrikaners sy gelyke regte in die werksplek; is besig om Afrikaners se taal aan te tas en te verontreg; sy geskiedenis te demoniseer; sy kultuur-simbole (straat en dorpsname, standbeelde, ens) te vernietig; is van plan om Afrikaner-eiendomme (plase) te nasionaliseer; maak geen spesiale moeite om die plaag plaasmoorde (merendeels op Afrikaners) te bekamp nie; wil ook vir hom voorskryf wat hy mag of nie mag sing nie, soos bv. Die Stem ens, ens. En na dit alles, verwag swartes van die Afrikaner dat hy sy selfrespek moet verloën om hulle ideologie te streel!!

Sedert 1994 en tot redelik onlangs toe, was Afrikaners leier-en-rigtingloos. As gevolg van negatiewe swart benadering tot Afrikaners, wat beide ’n onderdrukte weersin en woede in hulle oor die jare laat opwel het, is AfriForum tydig in die lewe geroep, juis om rigting in alle fasette van Afrikanerwees te verskans. Dat hulle ondersteuning onder Afrikaners daagliks vinnig aanwas (huidig 330 000 enkellede, met hulle gesinne, dek dit omtrent 1,5 mil Afrikaners) lok dit die gramskap van beide die swart gemeenskap asook die verregses en liberals onder Afrikaners. Dit sê vir my hulle weet hoe om te krap waar dit jeuk.

Sedert 1994 was werkloosheid onder Afrikaners vir die eerste klompie jare meer as die helfte, vandag, minder as 10%. In teenstelling het werkloosheid onder swartes sedert 1994 aanvanklik drasties verminder toe hulle Afrikanerposte in die werksplek grootskaals oorgeneem het, maar staan vandag daar by die 26%, groter as pre-1994!

Hoekom die verskil? Afrikaners glo aan harde werk sonder staatsteun, met besoldiging in verhouding met moeite GEDOEN vir produktiewe winsbejag. As gevolg daarvan het Afrikaners Suid-Afrika se ruggraat van klein entrepreneursbesighede geword wat werk verskaf, veral aan swartes. In teenstelling het swartes ’n kultuur van verwagting ontwikkel dat die staat vir hulle moet sorg, met die vakunies wat verhogings in besoldiging eis wat nie in verhouding met produktiewe besigheidswins strook nie, tot uiteindelike afleggings van werkers, onttrekkings deur oorsese besighede, bankrotskappe, ens.

Dus is dit nie die Afrikaner wat moet verander nie, maar wel die swartes se ekonomiese uitkyk rakende hulle eie samelewing indien hulle uiteindelike welvaart grootskaals mettertyd wil ondervind. Eerder as om die Afrikaner as hul vloek te sien, hoort hulle van hom te leer, en selfs in vennootskap met hom aan te gaan, ’n resep tot albei se uiteindelike voordeel. Selfs die vorige staatspresident Kagalema Mothlante asook Mathews Phosa sien dit raak, met albei meer goedgesind vir nadere verhoudings tussen swartes en Afrikaners.

  • 3

Kommentaar

  • Jaco ek stem volkome met jou saam. Ek hoor verlede week was daar een of nader konferensie wat oor om Wit te wees gehandel het. Ek het nie aandag daaraan gegee nie want hoekom moet ek myself regverdig dat ek blank/wit is. Die meerderheid is die moer in omdat ons nie die bedelkultuur/gene in ons het nie. Ek blameer ons voorvaders vir die situasie. Ons voorvaders was aandadig vir die "I want I demand" kultuur. Ons sal in dag des lewens nooit van die juk van wit wees ontslae raak nie.

  • Tim Modise in ’n onderhoud met Ian Cameron van AfriForum was daarop uitgewys dat AfriForum gedurende 'n tien dae projek in Okt 15, 200 gemeenskapsprojekte dwarsdeur die land aangepak het. Eenhonderd-vyf-en-dertig ton teer was aangekoop om oor die 4000 slaggate te herstel; 201 onbruikbare straatligte was vervang; 2007 bome is geplant en 900 ton vuilis is verwyder wat die munisipaliteite nie wou verwyder het nie.
    AfriForum is ook by die opleiding en beveiliging van pendelaars in die swart taxi-bedryf betrokke. In die Noordwes en Noordkaap, is die non-wit, selfs non-Afrikaner taxi-assosiasie lede van AfriForum. Gedurende hierdie 10-dag periode, het 3000 lede dwarsdeur die land aan veiligheidspatrollies deelgeneem.
    Hier het jy 'n tipiese voorbeeld waar Afrikaners hulle hand na non-Afrikaners in vriendskap uitreik.
    Lees gerus die hele onderhoud en jy sal verstom staan wat Afrikaners besig is om positief in hierdie land te doen, en ook nie in isolasie tot voordeel van Afrikaners alleenlik nie.
    http://www.biznews.com/transformation/2015/10/16/afriforums-ian-cameron-toekomsberaad-afrikaans-uni-to-protect-culture/

  • Reusedwerg
    Dit het nou hoog tyd geword dat Afrikaners nie meer skuldig voel vir die on vermoëns van swartes om hul lewens volgens Westerse standaarde in te rig nie, die einste standaarde wat volgens hulle na ge-Afrikaniseerde standaarde verander moet word, welke Westerse standaarde hulle tog gretig vir hulself wil eien. Ook die rasgedrewe dubbele standaarde teenoor Afrikaners wat hulle toepas.
    As voorbeeld, lees:
    http://afriforumjeug.co.za/double-standards-making-white-students-resentful/
    Selfs in die VSA tree swartes soortgelyk op as ons swartes hier in SA wat blankes daar verkwalik vir al hulle on vermoëns in die VSA samelewing:
    "Let me ask the readers this and if I could, I would ask the likes of Kanye West, Al Sharpton, Jesse Jackson, and other minority individuals these questions: Is America better today than it was even 20 years ago now that you are holding the reigns of power? Are you not flourishing in entertainment, sports, arts, politics, and leadership positions? We have a black president. 65% of all new millionaires in America every year are not white people, but did you know that? Have you been to Africa or the Middle East lately? Regardless of the real underlying reasons for the Civil War that was fought in this country, millions of everyday men and women believed that slavery should end and sacrificed over 500,000 of their lives to make that happen, but while ranting about how bad life is for you today in the present and throwing around words like reparations, have you done any research on the history and families and gone to them and said thank you? 2.5% of our countries population died for you. Would you if you had the opportunity, or is it something else that you feel entitled to because of something that happened that none of us were alive to to see, granted that the old generation in this country did witness the civil rights movement. Do you even care about any of that? Can you see past yourself in order to look at the facts? I have a hundred other questions like this, but I feel that asking them is a waste of time. My view is that nothing will ever be good enough for anyone except for white people to present themselves, admit they are guilty for everything, and then hand themselves over to the executioner to be killed off for the mistakes of a distant past. Well, that’s not going to happen. Sorry. While I am not minimizing or disregarding the atrocities that African-Americans went through in the past, I am saying that enough is enough, and everything happens for a reason."
    https://danielporourke78.wordpress.com/2015/02/09/double-standards-an-unapologetic-white-male-americans-take-on-society/

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top