Die wit rokkie

  • 7

die welsyntannie het haar self gemaak
sy was rêrig nie my voorkeursmaak nie
maar wel nuut, kreukelvry en spierwit
my eerste nuwe rok wat ek sou besit

dieselfde patroon vir al ses sussies geknip
want ons sou mooi om die graf moes sing
nege kindersoldaatjies almal ingeryg
’n baba van ses dae wat nog aan moederbors suig

oom dominee mompel en die familie tjank
my beentjies word lam want hy vat te lank
stadig draai ek droog-oog om om weg te stap
hierna word wit krimpelien ’n vuil vloerlap

  • 7

Kommentaar

  • Driekie Grobler

    Dis pragtig geskryf, vol emosie en baie teer. Daar lê beslis 'n diep boodskap tussen die lyne.

  • Bets Bronkhorst

    Hoe kan 'n kind dan nou al hierdie dinge verstaan van die grootmenswêreld. Ja hierdie is beslis 'n diep hartseer gedig.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top