Die wind
Die wind van voor was nog nooit so skoon
My hare was nog nooit so vry, my liggaam moeg
gesweet in hierdie helm van
die bossies en die blare
Meeste van alles die see
blou en onvertrou
hy sal jou sluk wanneer jy in ontrou ruk
Die kennisse lag en die visserman
kyk waar staan ons nou
Tussen see en sand
het ek my hart verloor
Waar vind ek jou nou