Die weerlig het gesla’t

  • 0

Vir Taliep Petersen

Kyk op’ie tiewie,
hy’s weg
Taliep’s missing, my broertjie!
Daai smaail’s gone, ek sê pêl, gone.
‘is nog’ie Nuweja’
die Kaap is stil
ek won’er of’ie Klopse prêktis ...

Lees’ie koerant Boeta
hy’s weg
Ek sê pêl, hy’s missing!
Engelse koerant het goeie nuus
an’er paper net shocking news
Die Kaap fluister
ek wonder of’ie Klopse prêktis ...

Luister na daai banjo ...
Taliep se banjo
Die snare tokkel hartseer,
hartseer op ‘n traan
‘is Tweede Nuweja’ mêrim
die Coons moet march.
Hulle march elke liewe Nuwejaa’ ...

Daa’ sing die Maleierkoor
‘n laaste koortjie.
Daai liedjie sal nooit’ie dood
net Distrik-six
net die Vlakte
net’ie sy mense nie, Please Tog !
Dis amper alweer Nuwejaa ’ ...

Hy’s weggevat, ja, weggevat Dêmmit!
Oz Tweede Nuwejaa’ is’ie meer.

Gatiepie !
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top