(Vir Francois Williams)
Ewe kordaat, windgat en voor-op-die wa praat jy weer van "wit opbraaksels ... oa die boerebrigade" (jy bedoel seker "Boerebrigade"; of is die arme plaasboere wat in die sweet van hulle aanskyn die massas voed ook op jou uitk@klysie?). Het jy geen dissipline, maniere of sin vir wat gepas is nie, snotkop?
Laat ek jou nou 'n ding vertel: die WARE vyande van SA is die mense wat hom in die grond in administreer, die mense wat hulle eie salarisse so verhoog dat daar nie meer fondse is vir dienste en onderhoud nie wat weer lei tot die brand van bande en geboue, klipgooi en wegbly-aksies. Ouens wat, onder andere, 'n myn se bates verkoop het en werkers in ellende gedompel het. Die manne aan die stuur, deur jy en jou maatjies daar geplaas, se pense word al dikker en nekke al hoe meer vol voue terwyl die gewone burgers, wit, swart en bruin, al hoe meer verarm. Die land het al so agteruitgegaan dat daar nie eers meer vir jou werk is nie, nou sit jy daar anderkant die water en gatkruip. Waarvoor? Dink jy iemand gaan jou smeek om terug te kom en beloon?
Nee, ou swaerie, die ware vyande is jy en jou maatjies; julle het die land opgefok en nog is julle nie klaar nie. Selfs van die meer liberale ouens hier het jou al gemaan om op te hou om so 'n verleentheid vir hulle te wees maar tevergeefs. Dit is in jou aard om op jou kassie te spring en belle of the ball te probeer wees. Soos ek al vir jou gesê het, wanneer gaan jy tog agterkom dat, hoe meer jy 'n puisiegesig se vel loof, hoe meer aandag vestig jy op die puisies.
Jan Rap

