"Die wals van die hart" deur Bernard Bester

  • 0

Die wals van die hart

Vers 1:
Die ligte is dof en die musiek pomp in my ore.
Ek kyk na jou anderkant die dansvloer.
In jou stilte en eensaamheid lyk jy so verlore.
Kom ek wys jou die wals van my hart.

Koor 1:
Saam met jou wil ek oor die dansvloer gly.
Saam met jou gaan die wêreld verby.
Saam met jou wil ek vir ewig bly.
Gee my ’n kans, bly by my.

Vers 2:
My ongemaklike danspassies laat my in skaamte.
Met twee linkervoete staan ek tans voor jou.
Ek’s swak gebou en ek lyk soos ’n geraamte.
Maar steeds aanvaar jy my vir my.

Koor 2:
Saam met jou wil ek die son sien sak.
Saam met jou wil ek koekies bak.
Saam met jou wil ek swaai aan ’n wilgertak.
Sonder jou is ek ’n wrak.

Opsionele brug of vers 3:
Ek wil jou wys hoeveel jy vir my beteken.
Ek wil jou hand vashou in die stilte van die storm.
Ek wil met jou by my ma-hulle spog.
Ek wil jou net vashou.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top