Die waarheid - nes goud - word nie gekweek nie, maar word skoon gewas van onsuiwerhede

  • 0

Dis opmerklik hoe die werf se berugte pararegskundige en paraprediker, alweer op loop is met sy gewone bedrieglike uitleg omtrent Darwin en die evolusieleer en sy eie waarheid daarin te probeer kweek.

Vir jare reeds word die ou grote Kobus in sy waan om die Bybel in sy waasin vanspirituele intelligensie te verklaar, moedswillig as strooipop opgestel om kamstig alleen verteenwoordigend van die Evangelie te staan.

Die man van strooi word dan met groot pret en vreugde in flarde geblaas - so asof die ou Bose de Klerk se waan die goud in alle gelowiges se harte beslaan.

Hoe sien menige ander gelowige die waarheid?

Die Bybel is kosbaar. Al is dit nie die enigste bron daarvan nie, vertel dit van God se liefde en genade vir Sy skepping. Vir honderde jare probeer hekse en wiccans om vervloeking daaruit brou, genadiglik sonder sukses.

Die Bybel is eers in die vierde eeu ná Christus in sy nou bekende vorm saamgestel. As dit nie vir die Boek (eintlik ’n klien bibliotekie van boeke) was nie, het ons geen kennis van Christus Jesus ons HERE gehad nie.

Die Bybel dis gewis nié die sogenaamde "Woord van God" wat as boek in sy geheel aanbid moet word en so in die hand van godsdiensboewe die laaste sê oor alles en almal het nie.

Verder leen dié versameling antieke geskrifte (die Bybel) hom tot uiteenlopende vertolking waarvan party duidelik glad nie die taal-, styl- en kultuurhistoriese kontekste van die verskillende geskrifte daarin saam gebind in ag neem nie.

Voorts bevat die Bybel nie net Godspraak in direkte of indirekte rede nie, maar ook die van vele ander mense s’n.

Jesus Christus het dikwels verwys na "Moses" en "Skrifte", met Sy teenstellende byvoeging: "Maar Ek sê vir julle …" of "Maar Jesus/Hy …". Paulus het ook by geleentheid dit kategories aan die Korintiërs gestel dat hý, Paulus, iets sê, "nie God nie".

Die Apostel Paulus se vermaninge oor mites soos die Skeppingsverhaal en Noag, staan as volg in die Bybel:

"... julle nie besig te hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. (1TIM 1:4) Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die Godsaligheid. (1TIM 4:7) ... julle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. (TIT 1:14) Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van Sy majesteit; (2PET 1:16)"

Geloof en hoop in iets wat nie bewys kan word nie, en is presies dit - geloof!

Geloof, hoop en liefde is elkeen se empiriese ervaring in die lewe.

My betoog is dat as jy daardie ervaring vir jouself toe-eien, jy ander se persoonlike ervaring om te glo, hoop en lief te hê, ook moet respekteer. Ag jou eie ervaringe. Niemand - nie eens die dood - kan jou dit ontneem nie. Niemand kan dit eien of ontsê nie. Geen wetenskap kan dit verklaar nie. Dis joune - net joune!

Elke naam wat ’n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het is vir my heilig. Harte wat ons Almagtige Lewende Skepper eer behoort aan Hom. God openbaar Homself na Sy wil in elke mens, kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans en verfraai mense tot Sy eer. Die Goeie Nuus is dat Hy ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.

God openbaar Sy spesiale verhouding met ons in elke kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans, en verfraai mense tot eer van God. Kom ons vat hande en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, Thathagata, Brahman, Jah, Big Chief, Supreme Being, HaShem ... en dien die EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle ’n mens vir ons almal geword het.

Die Goeie Nuus is dat God ten volle mens vir ons geword het, kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.

Hoe kan enige wese (soos byvoorbeeld Kobus de Klerk se gedweep op die werf), bo ander harte se duisende jaar in Heilige belewenis gestel word?

Harte wat ons almagtige Lewende Skepper eer behoort aan GOD.

Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader, self die Tuinier in ’n ieder se hart wees wat hier lees.

In die troos en dankbaarheid van Jesus Christus, God ons MOEDER ...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top