Die vierslag-binnebrandenjin*

  • 0

Die suier word afgetrek deur die krukas
wat die suierstang laat werk      terwyl ’n nok
die inlaatklep oplig        en petrolgas
en lug in die silinder hok.
Die suier styg op.          Mengsel van gas
en lug laat die kontakverbreker vonk,
word masjinaal afgemas
met krag- of arbeidslag             uitgeblok.

Die hart is ’n vuis wat per minuut tot
tagtig keer klop. Bloed vloei van
die vuishart deur die are van die man
wat sing, ein feste Burg ist unser Gott
en  stop.           Die maer man
se hart krimp in, set uit – êrens teen kan.

 

 

* Scannell, JP. 1965. Afrikaanse kernensiklopedie. Johannesburg: Nasionale Boekhandel Beperk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top