Die vierde industriële rewolusie

  • 14

Het SA-regering reeds die bus verpas, met argaïese obsessies oor apartheid en regstel-aksies? 

Oorsee beteken die vierde industriële rewolusie robotika en kunsmatige intelligensie se gebruik in die industriële, sosiale, ekonomiese en 'n groter veld as wat ek kan uitsonder. 

  • 14

Kommentaar

  • Hans, nee, tog net nie Orwell se Big Brother wat jou dwing om net in newspeak te dink nie, anders is 'Room 101' jou voorland. Weg is Afrikaans dan met sy ryk woordeskat van p-, f-, a-, k-, en b-woorde.

  • Hans Richardt

    Angus, ja.
    Al daai daaglikse woordeskat ...
    Angus, die idee is dat robotika en KI/"AI", nou nie KI vir boerdery nie, is die vierde industriële rewolusie. Hier ter lande sukkel ons nog om uit die pre-koue-oorlogrewolusie-denke te kom.
    Telematiese universiteit in Orania is in wording, as die veselkabels vir data geïnstalleer is ...
    Jy sal moet kom visvang, geelvis, in rivier.

  • Hans, ek slaan my hande baie keer in ongeloof saam. Daar is 'n gesegde dat daar niks nuut onder die son nie. Ek wonder darem. Die gesegde het sekerlik nie betrekking op hierdie land nie. Die gepeupel in die land hang nog kommunisme aan wat deur die Jeremy Cronin's en Patrick Cravens van die wêreld verkondig word. Al rewolusie wat die manne in gedagte het is beslis niks met vooruitgang en tegnologie te doen nie. Ek dink die manne is bang die "komputa's" is slimmer as hulle.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, jy beaam nou net my punt.
    Wat julle egter almal mis, is dat die bedreiging van Kunsmatige Intelligensie juis die massas werkloses se getalle groter gaan maak en dat dit juis niks met werkskepping vir arme massas werkloses te make het nie.
    Henry Ford se "assembly line" is juis waar KI die mens in toenemende mate vervang het en verder gaan vervang. Ook die inbelsentrums sal meer-en-meer KI-gedrewe word. Iemand soos prosesbeheerder wat knoppe druk en kleppe draai, gaan deur programmeerder met dik bril vervang word en KI, wat self voortdurend leer en foute self uitsorteer.
    Bv die stukkie KI genaamd Android-selfoon ...
    Dis juis hoekom politici swyg oor die Vierde industriële rewolusie in Suid-Afrika. Hul belowe nog "werkskepping vir massas", maar buitelandse beleggers stel nie meer in duur stakende massas werkloses belang nie!
    Hul praat ook nie meer oor "minerale rykdom" van SA nie, want daar is nie eens genoeg droë plaaslike kwaliteit steenkool vir Eskom nie!

  • Hans, hoeveel "julle almal" het jy op 'n pond? Ek maak al lankal van Ki gebruik. Al lankal het ek moeg geraak vir Blackoumatiekgrassnyers wat nie wil vat nie, dit maak nie saak hoe lank jy aan die tou moet trek, of die vonkprop verstel nie. Ek het vir my 'n Honda Miimo aangeskaf, en nou kan ek lekker gaan visvang terwyl die ding in my erf rondkrap. Jy sien, vir my is Ki nie 'n industriële ramp nie; ek sien dit as 'n uitkoms vir die mens om hom te wend tot hogere dinge.

  • Kunsmatige intelligensie bly net wat dit is, kunsmatig. Al wat dit tot gevolg het is mense wat te lui is om te dink en self probleme op te los. 'n Treffende voorbeeld: Gister (Dinsdag) ry vroulief en ek in die gietende reën Maraisburg toe om 'n motoronderdeel te koop.
    Die dame wat die kassier is kon nie 'n eenvoudige optel- en aftreksom sonder 'n optelmasjien doen nie en kry dit nog steeds verkeerd. Maklik sê ek en neem die strokie en skryf dit neer. Verkoopprys + afleweringskoste - deposito = bedrag verskuldig. So maklik soos dit.
    Wanneer ons inkopies doen sê bv vir kruideniersware, tel ek die produkte se pryse op en toets myself by die kassier om te sien hoe na aan korrek ek is.
    Ek is seker Angus sal terugval op vonkprop en toutjie trek wanneer sy ' Honda Miimo' vir hom begin sê: "Voetsek wat soek jy hier, jy het niks hier verloor nie, en kritiseer my. Jy kon nie eers my meganiese eweknie aan die gang kry nie.”
    Lekker dag

  • Hans Richardt

    Angus, KI vir alle sloer tuiswerkies en huiswerk?
    Ek sal liewer KI gebruik vir visvang en rustige slaap inkry ...

  • Hans Richardt

    Net dit. Vierde industriële rewolusie is data en dit is waarna ek verwys, terwyl jy droom oor groot visse gedurende slapie, kan drome met 3D-drukker uit kuberruimte gedruk word. As jy wakker word, is die vissies reg vir kole ...

  • Hans, nou maak jy my regtig opgewonde. Ek droom juis snags van daai pragtige blondine met die stout blou oge, ens, ens.

  • Hans Richardt

    Nou ja, Angus, nat drome kan dalk kom agv inkontenensie....
    Oor die tipiese Suid-Afrikaners wat nog glo tegnologie is net 'n kruk, dis julle wat ons nog in donker middeleeue van agterlikheid hou met jul denke, in "ineptocracy"!
    Ek sit en skryf in my trokkie, terwyl dit luier vir turbo. Mossies raas en bou hul skrootwerf tipe nesse van alles en nog wat, regte innoveerders.

  • Hans, moet tog nie in jou trokkie sit en vir my skryf nie; netnou beland jy in die skroot waarvan jy praat. As jy moet in 'n voertuig sit en skryf, kry vir jou 'n ryding met behoorlike fris lugversorging wat jou kop koelhou sodat jy my nie valslik beskuldig nie. Waar het ek nogals beweer tegnologie is net 'n kruk of nie 'n kruk nie? Jy het dit ook ver mis as jy dink ek is een van 'julle' tipiese Suid-Afrikaners. Inkontenensie is vir ou mense wat in Orania gaan aftree. Ek het gedog jou masjien wat visse reg vir die pan maak, ook vir my 'n blondine driedimensioneel kan uitdruk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top