Êrens het Suid-Afrika die bus verpas vir die vierde industriële rewolusie. Selfs kunsmatige intelligensie-rekenaarsisteme en tegnologie is gebrekkig in Suid-Afrika.
Selfs op radio kan ek hoor dat sogenaamde omroepers duidelik geen idee het waaroor die vierde industriële rewolusie gaan nie.
Politici verkondig dat hul hoop op miljoene poste vir werkloses in die vierde industriële rewolusie?
Regtig, dan dink hierdie kokkenolle dat hul gemeenskapsleiers is ...
Hans Richardt


Kommentaar
3D-drukkers, kunsmatige intelligensie-rekenaarsisteme en robottegnologie is die onderbou van die Vierde Industriële rewolusie. Watter vaardighede is nodig?
Dit het so gegaan met die einde van die vorige milinieum ook. Moerse ophef daarvan gemaak maar vet mooi nokkol van gekom. Dit is die geval van hoor die klok lui maar weet nie waar die bel hang nie. Tragies man tragies.
Reusedwerg, dinge gebeur. Fedor, die Russiese ruimterobot het na Internasionale ruimtestasie gevlieg en terug.
Ek dink dat as hul in 1920 vir Henry Ford se se mense wat karre gebou het, gesê het dat hul vervang sou word deur robotte, sou hul soos jy gereageer het. Moenie dat Afrika jou onderkry nie...
Reusedwerg, weet jy waar die bel sit as klok lui? Jy gebruik Google seker daagliks op 'n slimfoon? Twee voorbeelde van kunsmatige intellegensie met robotika in jou hand. Verder, ry jy in kar wat deur robotte aanmekaar gesit was op aanleglyn.
Robotika, 3D drukkers en kunsmatige intellegensie rekenaarsisteme is tasbaar deel van Vierde industriële rewolusie. Dit is ook deel van die weermagte en ander individue. Ek dink dis 'n geval dat SA se "eksperts" agter is met kennis.
Jy moet my "kar" kom kyk as jy nou eersterangse tegnologie wil sien. As ek die aand by die klub oordadig feesgevier het, klim ek net in en sê "Home James!" Binne 'n jap-trap is ek by die huis. Selfs vir pypieblaas skrik ek nie. Tegnologie doen die blaaswerk, en ek glo nie dieseldampe affekteer die lesing nie.
Angus, as hier in my geweste dronkbestuur padblokkades gehou was, was tronk vol en kerke en skole leeg.
Skynbaar wil jul manne jul nie inlaat in Vierde industriële rewolusie tegnologie nie?
Wel, laser snyers is al deel van die industriële staalbedryf. Jy sit in lugreëling kantoor met konsep by konsultant. Hy tik die ontwerp in op rekenaar en volgende dag haal jy dit agter af. Dit word alles deur die masjien gedoen, volgens die bestellings. Mense voer nou net die masjien(vat nie veel dinkwerk nie).
Beste Angus
Een ding is seker, vroulief moet baie lief vir jou wees, as jy al strompelend die huis binneval. Ek sou egter, as ek jy is versigtig wees-want, so lyk dit vir my, as Hans sy sin kry bestuur die kar sigself reguit polisiestasie toe, as dit agterkom dat die passasierbestuurder hoog in die takke is.
Lekker dag