Die verhewe karikatuur

  • 0

Lank reeds word die spotbeeld "Wouter Ferns" bokant die alledaagse as ’n sogenaamde intellektueel deur sy ou pieperige karikatuurmeester opgedring. Die ongure komiek is welberug vir sy openlik vyandige obsessie in afguns met elke hart wat dit met enig besonderse mening sou durf waag.

Met ’n absolute soort Kobus de Klerk-neerhaling, word die karikatuur Woutie bo enige ander se bronne met sy kamstige inskrywing op elke "what's what" en "who's who" verhef.

Selfs die mees insiggewende aanhalings uit my biblioteek met Brian Greene, Stephen Hawking, Carl Sagan, Eugene Marias, die Bybel, duur lesings ... tot verskeie katkisasie handleidings en mitologiese bundels, word met die grootste onsin fyngemaal onder die plastiekvarkie se pote – net om Wouter as iets met gesag te promoveer.

Wanneer laas kon iemand (gelowige of ongelowige) in vrede iets deel sonder dat die alwetende spotbeeld aangewend word om dit met die grootste spul snert te ontmoedig?

Die Woutie karikatuur se alliansie met die hoëpriester van die ge-aliedes – die ou grote Kobus de Klerk en sy Alie, verseker natuurlik ook hel vir enige bydraer en belangstellende buite die massagroepie egotistiese waan.

Hoe bedryf ’n mens rede met ’n alwetende opgestopte dingetjie?

Wel, ek praat nie met lapdiertjies en speelgoedkarretjies asof dit lewe nie.

Hierdie is ’n voorbeeld van hoe ’n mens eintlik van hulle praat.

Weereens van diep uit my pankreas; baie dankie.

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top