Die verdowing
Is dit die tyd werd wat jy daaraan spandeer?
As jy ’n lewe vernietig
Maak dit jou ’n held of ’n heer?
Tog word jy verwerp as jy die waarheid
Bevraagteken.
Jy kan slegs jou vrees vir die vlam oorkom
Sodra jy jou oë vir meer as die sigbare
Oopmaak.
’n Mens leer makliker uit fout wat hy
Self gemaak het.
Terwyl jou beste kans op versterking
Lê by jou vermoë om die kosbare
Agter te laat en by verandering aan te pas.
Steeds bly te veel, te min en dit wat ons het,
Nie genoeg nie.
En alles wat bereik word
Vergroot net die begeerte om na meer
Krag te strewe.
Die magdom verdof jou beeld op die
Versier en jy maak jou arms groter
En groter oop om die bose te
Verwelkom.
En hoe meer tyd verby gaan
Hoe meer glip jou gees heilig by jou
Vingerpunte uit
En alles wat jou sterk gemaak het
Sal jou verlaat.
En jou greep op wat jy vashou sal
Verlore gaan.
Dis nooit te laat om te verander nie.
![]() |



